7 Maniere om HELDERHEID te Behou

In vandag se wêreld voel dit soms asof jy deur ’n doolhof van geraas en teenstrydige boodskappe moet navigeer - word verhelder in Christus Jesus

7 Maniere om HELDERHEID te Behou

IN VANDAG se wêreld voel dit soms asof jy deur ’n doolhof van geraas en teenstrydige boodskappe moet navigeer – veral vir jongmense. Sosiale media skree elke sekonde vir jou aandag met menings, filters, en “life hacks” wat jou wil oortuig van wat reg is, wie jy moet wees, en wat jy moet glo. In ’n samelewing waar alles relatief is en elke stem gelyk klink, is dit maklik om verlore te voel – verward oor wat werklik waar is, en selfs moeg van probeer om sin te maak van alles. Die druk om altyd gelukkig, suksesvol of “woke” te wees, laat jou geestelik uitasem en leeg.

Dis in hierdie wêreld van lawaai en menings waar baie vra: Is daar nie iets wat vaste rigting kan gee nie? Iets wat helder en betroubaar is – ’n ware lig in die donker? Psalm 119:105 sê: 

“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” 

Hierdie woorde nooi jou uit na ‘n ander soort rigting – nie nog ’n meningsplatform nie, maar ’n Lig wat jou elke tree wys in ’n wêreld vol skaduwees.

You will show me the path of life; In Your presence is fullness of joy; At Your right hand are pleasures forevermore. Ps 16:11. 

7 MANIERE OM HELDERHEID TE BEHOU

1. Laat God Jou Onderbreek: Die Krag van Goddelike Openbaring

Ware openbarings is gewoonlik nie sag en stil nie – hulle onderbreek, versteur en verander rigtings. Historiese oomblikke van ingryping: Petrus se visioen wat die kerk lei na die insluiting van die Heidene (Nie-Jode - Hand. 10); Paulus se bekering op die pad na Damaskus (Hand. 9); Martin Luther se ontwaking tot "...deur die geloof alleen.".

Hierdie oomblikke bring ’n helderheid wat nie net persoonlike lewens transformeer nie, maar wat ook strukture en samelewings beïnvloed.

Abraham Josua Heschel beklemtoon dat geloof ’n “donderweer flits in die donker” is – ’n geestelike skok wat ons ontwaak. Soos Paulus se ontmoeting met Jesus: 

“...En skielik het daar ’n lig uit die hemel om hom gestraal...” (Handelinge 9:3).

Ware verligting begin wanneer ons bereid is om deur God onderbreek te word – in denke, gewoontes en planne. Hier flitse van openbaring behoort nie by ongereelde dramatiese momente van ingryping te bly nie, maar 'n daaglikse verheldering soos ons deur gebed en meditasie, ons oë op die Waarheid hou. 

2. Verwondering en Ontsag is die Begin van Verligting (Helderheid)

Verligting begin nie met antwoorde nie, maar met ontsag. In Heschel se werk is ontsag nie ’n skielike emosie nie, maar ’n geestelike ingesteldheid – die grond waarop ware geloof gebou word. Hy skryf: “Die begin van wysheid is ontsag.”

Ware menslike roeping word eers duidelik word wanneer ons in verwondering staan voor die grootheid van Christus.

Die Bybel stel dit duidelik: 

“Die vrees van die HERE is die begin van die wysheid” (Spreuke 9:10).

Sonder hierdie heilige ontsag raak waarheid ’n konsep in plaas van ’n ontmoeting. Bly dus verwonder – dit hou die hart oop vir die lig van God. "Reverence" het verlore geraak in die moderne tydsgees waar niks meer heilig is nie. Wanneer ons "reverence" het vir die Here, ons ouers, vir leiers, vir mekaar en onsself, verander ons uitkyk op die lewe. Ons klets minder en luister meer, ons neem meer in!  Ons leef met verwondering!

3. Toets Elke Openbaring aan Christus Self

Nie elke sogenaamde openbaring bring waarheid nie. Dink aan die gevaarlike geval van Nongqawuse se visioene, wat gelei het tot 'n rampspoed vir die Xhosas in 1857. Sy het geglo dat as hulle hul beeste (400,000) opoffer, sal die gode die witmense "die see indryf".

Die maatstaf van ware openbaring is altyd Christus – Sy Goddelike heilige en koninklike karakter, Sy selflose liefde, Sy uitnodiging tot 'n florerende lewe.

Heschel waarsku ook teen verdraaiings van die Gees: nie elke ervaring is van God nie.

“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar beproef die geeste of hulle uit God is” (1 Johannes 4:1).
Christus is nie net die Lig nie – Hy is die toets van lig. Indien ’n openbaring nie met Hom ooreenstem nie, moet dit verwerp word. 
“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.” – Psalm 119:105. 

Daarom spandeer ons tyd in die Woord, en kies 'n verskeidenheid van bewese teoloë en skrifkenners, wie se eie lewe strook met hulle lering. 

4. Laat Jou Denke en Ervaring Mekaar Versterk

Een van die kragtigste waarhede uit Heschel se werk is dat denke en ervaring mekaar nodig het. Geloof is nie net ’n stel idees nie, maar ook ’n ontmoeting, ’n belewenis met die Lewende God. Heschel praat van die “awe that precedes thought” en dat geloof nie net uit dogma ontstaan nie, maar uit ’n ontmoeting met die misterie.  

Ware leierskap word nie gebou op vaardighede alleen nie, maar op ’n diepe innerlike oortuiging, gevorm in die teenwoordigheid van Christus.
“En julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart soek” (Jeremia 29:13).

Die pad van waarheid loop deur beide kop en hart.  Soms wil mense net hulle hart volg, sonder om oor die gevolge te dink. Ander oordink so die voor en nadele, dat hulle nooit aksie neem nie. Die antwoord lê in geloof: dit is 'n aksie, 'n werkwoord! Dit is immers hoe ek weet die verheldering is van die Here: "ek weet nou presies wat ek moet doen".

Dit is interessant om te weet dat ware goddelike openbaring die enigste motivering is wat ambisie, eiegewin, persoonlike voordeel, mag en aansien oortref in volhoubaarheid. Dink net aan die dissipels, wat almal persoonlik verlies en lyding moes verduur vir hulle oortuiging van Jesus se opstanding en lewe!

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
(Rom 12:1-2)

5. Bly Verbonde Aan die Gemeenskap van Gelowiges

Openbaring is nooit net vir die individu nie. Godsdiens kan nie op 'n eiland bedrid word nie. Onderskeiding kom deur gemeenskap – dit word bevestig en getoets binne die hele liggaam van Christus. Heschel stel dit poëties: “Faith includes faithfulness,” en geloof verwyder van gemeenskap raak maklik mislei.

“Waar geen raad is nie, val die volk; maar redding is in die menigte raadgewers” (Spreuke 11:14).

Bly dus verbind aan geestelike mentors en broers en susters – hulle help jou om die lig te onderskei van die illusie.

Moet NOOIT jouself isoleer nie! Dit is hoekom Jesus sê, ons moet selfs ons vyande liefhê, ons het hulle ook nodig om by 'n ware Goddelike verheldering te kom, dink aan Stefanus!

6. Lyding Verfyn en Verdiep Jou Openbaring

Dieper openbaring kom dikwels deur pyn, verlies, en verdriet. Moses, Josef, Daniel, Jesus, Petrus en Paulus – is almal deur die "vuur van lyding" gesuiwer. Dit is te midde van lyding waar jou motiewe gesuiwer word. Heschel skryf: “Die daad verlos… berou reinig die siel.” Romeine sê dit mooi: 

Ons roem ook in die verdrukkinge… want verdrukking werk lydsaamheid; en lydsaamheid beproefdheid; en beproefdheid hoop” (Romeine 5:3–4).

Ware verligting word gevorm in die smeltkroes van lyding – moenie daarvan wegvlug nie. Soms sou jy nooit by hierdie bepaalde oomblik van verligting gekom het, sonder die pad van lyding nie.

7. Wandel die Waarheid – Gehoorsaamheid is die Bewys van Lig

Jesus, se lewe was dikwels onderbreek deur die oomblikke wat Hy 'n geleentheid erken het om die skrif te vervul.  Jesus word die "beliggaming" van die Woord.  Heshel, verwys dikwels in sy boeke na "verantwoordelikheid neem, "shoulder all your competancies towards what is right".  Die verheldering gebeur soms in die verrigtinge van plig en noodsaaklikheid.  Heschel stem saam: “Om te doen wie Hy is… die daad verlos.” Jakobus vermaan ons: 

“Maar wees daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jakobus 1:22).
Lig word nie net gesien nie – dit moet gewandel word. Die geloof wat nie geleef word nie, lei na blindheid.
Thunder in the Soul: To Be Known By God (Plough Spiritual Guides: Backpack Classics) - Kindle edition by Heschel, Abraham Joshua, Erlewine, Robert, Heschel, Susannah. Religion & Spirituality Kindle eBooks @ Amazon.com.
Thunder in the Soul: To Be Known By God (Plough Spiritual Guides: Backpack Classics) - Kindle edition by Heschel, Abraham Joshua, Erlewine, Robert, Heschel, Susannah. Religion & Spirituality Kindle eBooks @ Amazon.com.