Die Bonatuurlike Werking van die Heilige Gees
'n Mens kan nie die boek Handelinge lees en nie geraak word deur die bonatuurlik werking van die Heilige Gees nie!
Hoe sou die kerk vandag daar uitgesien het as ons nooit die bonatuurlike demonstrasie van die krag van God beperk en verloor het nie? Veronderstel iemand wat nog nooit in ʼn kerk was nie kom tot bekering en bestudeer dan die Evangelies saam met Handelinge? Sê nou ons stuur dan die persoon in vandag se kerke in –sou ons kerke vandag vir hom dieselfde boodskap kan demonstreer? Sou die persoon beleef hy stap in die bladsye van die Skrif in terwyl hy in ons midde verkeer?
Indien jou soeke is om meer soos Jesus te leef, kan jy nie Sy bonatuurlike bediening ignoreer nie. Dit staan sentraal tot wie Hy op aarde was. Ons verkies egter altyd die dele van Jesus se lewe waarvan ons hou en wat ons dalk self kan regkry! Ons vermy die onmoontlik-vir-self aspekte! Dit is juis hierdie dele van Sy lewe wat deur die eeue die meeste kontroversie veroorsaak het. Sommige vervals die bonatuurlike en gebruik dit, soos die geldwisselaars, om mense te trek en meer geld te maak. Die verdraaiing, vervalsing en uit verband trek van die bonatuurlike is waarom sommige kerke en gelowiges dit eerder vermy.
Koste: $8 per maand
Moenie dat die dollar-prys jou afskrik nie; Patreon aanvaar alle plaaslike kaarte en jou bank skakel die bedrag eenvoudig om na Rand teen die dag se koers. Dit werk uit op ongeveer R170 per maand, afhangend van die wisselkoers.