Agtergrond en Geskiedenis
Aanlyn Bybelskool Maandae Aande 19:00
Kom ontdek saam met ons die boek Handelinge — elke Maandagaand om 19:00 by ons nuwe Bybelskoolklas. (Langs die Blommekerk, Klein Lesing Lokaal, ingang tussen Inkpot en Toerisme Kantoor - Swart Staal Hek)
Handelinge is nie net ’n geskiedenisboek nie; dis ’n avontuurverhaal van hoe God gewone mense gebruik het om ’n buitengewone JESUS beweging te begin. As jy al ooit gewonder het hoekom die eerste kerk so vinnig gegroei het—en hoe ons vandag weer daardie soort geloof, moed en impak kan sien—dan is hierdie klas vir jou.
Wat Jy Kan Verwag:
- Word geïnspireer deur die groei, krag en eenvoud van die eerste kerk.
- Leer die agtergrondgeskiedenis en die geopolitiese dramas van die antieke wêreld onder Rome —en hoekom dit saak maak vir vandag.
- Verstaan die uitdagings en lesse wat die eerste gelowiges moes hanteer—en hoe dit jou geloof kan versterk.
- Ontdek die boustene en redes vir die kerk se groei en impak.
- Ontwikkel 'n passie en liefde vir die Liggaam van Christus, Sy Kerk, gemeente en verteenwoordiging hier op aarde, en hoe ons kollektief in hierdie wêreld nie net oorleef nie, maar floreer!
Bring jou Bybel, jou vrae, en leer saam ander gelowiges in persoon in die Klas in Clanwilliam, of op Zoom waar jy kan deelneem, of Facebook of Youtube. Kies die platvorm wat vir jou die beste werk.
Die notas van die week, word teen 17:00 op Maandae beskikbaar gestel op hierdie webwerf, jy sal 'n "notification" in jou Mail Inbox ontvang.
Kom leer, groei, en word weer aan die brand vir Jesus en Sy kerk.
KOSTE: $8 per maand
Moenie dat die dollar-prys jou afskrik nie; Patreon aanvaar alle plaaslike kaarte en jou bank skakel die bedrag eenvoudig om na Rand teen die dag se koers. Dit werk uit op ongeveer R170 per maand, afhangend van die wisselkoers.