Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?
Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie.

Ons leef in ’n wêreld waar die nuus nie meer geskryf word met ink nie, maar met bloed. Die afgelope paar weke het ons gesien hoe die wêreld al hoe meer onstabiel, gewelddadig en chaoties raak: Volgens die Global Peace Index is daar tans 56 aktiewe konflikte (die meeste sedert die 2de Wêreld Oorlog) in meer as 92 lande.
🇮🇱 In die Midde-Ooste is daar nou regstreekse oorlog tussen Israel en Iran. Op 13 Junie 2025 het Israel uitgebreide lugaanvalle op Iraan geloods – insluitend kern- en militêre-installasies in Natanz, Fordow en Isfahan – wat lei tot die dood van senior Irannese beamptes en wetenskaplikes Iran het met honderde ballistiese missiele en drones geantwoord, waarvan ‘n aantal Tel Aviv en ander stedelike sentrums bereik het. Honderde missiele en drones swiep oor die lugruim van die Heilige Land. Hierdie is nie net ‘n grenskonflik nie — dit is ‘n direkte militêre aanval tussen twee state. Die wêreld hou asem op.
🇮🇳 In Indië en Pakistan, albei kernmagte, het daar ‘n nuwe soort oorlog begin — Na ‘n terreuraanval in Pahalgam (22 April), het Indië op 7 Mei “Operasie Sindoor” geloods met missiel- en lugaanvalle op militante-kampe in Pakistan en bezette Kashmir Direkte grensskermutselings en dodelike mortier-beschieting in Jammu/Poonch. Pakistan het later ‘n teenoperasie (Bunyan-un-Marsoos) begin. Die risiko van kernwapen Eskalasie is nie meer bloot teoreties nie.
🇷🇺 ‘n Volskaalse inval deur Rusland sedert Februarie 2022, met voortdurende groot skaalgevegte in Oos-Oekraïne . Die oorlog in Oekraïne woed voort, met duisende wat sterf, en die vrees vir ‘n konfrontasie tussen NAVO en Rusland neem toe.
⛴️ Die Rooi See is onder aanval. Houthi-milities in Jemen het sedert Oktober 2023 honderde vegbotsings en drone-aanvalle op skepe en selfs oorlogswaters uitgevoer. Meer as 60 handelskepe is al getref. Dis die aorta van wêreldhandel wat onder vuur is. VSA/VK-leidingen het lug- en maritieme kontra-eskalasies geloods; wêreldhandel is ontwrig – sommige skepe moes om Suid-Afrika se kus vaar .
🇷🇼 Die konflik tussen Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo het weer opgevlam sedert 2022, met Rwanda wat beskuldig word van steun aan die M23-rebelle in Oos-Kongo. Dié groep het stede en dorpe beset, wat tot duisende sterftes en miljoene vlugtelinge gelei het. Die Kongo-regering beskou dit as ‘n indirekte oorlog deur Rwanda. Internasionale bemiddeling het tot dusver misluk, en spanning tussen die twee lande bly hoog, met gevaar vir verdere eskalasie.
🇸🇩 In Soedan sien ons Afrika se bloedigste stedelike oorlog van hierdie eeu. Die oorlog in Soedan het in April 2023 uitgebreek as ‘n magstryd tussen twee voormalige bondgenote: die Soedanese Weermag (SAF) onder leiding van generaal Abdel Fattah al-Burhan, en die Vinnige Steunmagte (RSF) onder bevel van Mohamed Hamdan Dagalo(bekend as Hemedti). Albei het vroeër saamgewerk om die diktator Omar al-Bashir in 2019 te verwyder en het daarna die demokratiese oorgang ontspoor deur die oorgangsregering in 2021 te ontbind. Toe spanning oor die integrasie van die RSF in die gewone weermag oplaai, het dit tot ‘n bloedige burgeroorlog gelei. Groot stede soos Khartoem en El Geneina is verwoes. Veral in Darfoer is daar berigte van etniese suiwering, massamoorde en seksuele geweld. Oor 15 000 mense is reeds dood, en meer as 9 miljoen het hul huise moes verlaat. Dis tans een van die wêreld se ergste humanitêre krisisse.
🇺🇸 Selfs in die VSA In 6 Junie 2025 het streeksinvalle deur ICE in Los Angeles gelei tot die arrestasie van sowat 45 mense, vermoedelik ongedokumenteerde immigrante. Duisende betogers het daarna in Downtown L.A. by federale geboue saamgedrom, waarvan sommige optogte ontaard het in geweld – met rotse, brandbomme en voertuie aan die brand gesteek. Wetstoepassing het met traangas en rubberkoeëls gereageer. President Trump het daaropvolgend sonder toestemming van Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, die Nasionale Garde en Amerikaanse Marines ontplooi. Dit het ’n regs- en politieke stryd tussen staats- en federale gesag ontketen. Meer as 850 mense is in Los Angeles gearresteer, met betogings wat ook na ander stede soos New York en Chicago versprei het. Hoewel geweld uitgebreek het in sekere gebiede, het die meeste demonstrasies vreedsaam gebly en landwye debat oor immigrasie en burgerregte aangevuur.
✈️ Op 12 Junie 2025 het Air India-vlug AI 171, ’n Boeing 787‑8 Dreamliner, kort ná vertrek van Ahmedabad-lughawe neergestort in ’n studentehuis. Van die 242 mense aan boord is 241 dood; minstens 33 mense op die grond is ook oorlede. Daar is een oorlewende. Families is verpletter.
🌊 Op 28–29 Mei is die markdorpie Mokwa in Nigerië onder water gespoel ná swaar reën– en damploffings. Meer as 200 mense is dood, 1 000 is vermis, en duisende huise is oorstroom
Al hierdie gebeure is nie maar net wêreldnuus nie. Dit is profetiese alarms. Die Bybel noem dit “die begin van geboortepyne” (Matt. 24:8).
Profetiese alarms
6Julle sal van oorloë hoor, hier naby en daar ver. Maar moenie paniekerig word nie. Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie. 7Nasies en koninkryke sal teen mekaar oorlog verklaar en daar sal wydverspreide hongersnode en aardbewings wees. 8Maar dit alles sal nog maar net die begin van die swaarkry wees. (Matthew 24:6–8)
Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle kennis neem dat sy vernietiging aangebreek het. (Luke 21:20)
Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. 2Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam aan hulle ouers en ondankbaar. Hulle sal niks as heilig beskou nie. 3Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. 4Hulle sal hulle vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. 5Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit wat aan die Christelike godsdiens sy innerlike krag gee, ignoreer. Jy moet wegbly van sulke mense af. (2 Timothy 3:1–5)
Vanuit vele oorde word die einde van die wêreld aangekondig en voorspel.
In Jesus se tyd lees ons ook van so 'n reeks gebeurtenisse waar iemand die Jerusalem Voorblad Nuus gebeure voorhou:
Wat is Jesus se antwoord oor rampe?
Omtrent hierdie tyd is Jesus meegedeel dat Pilatus ’n aantal mense van Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het by die tempel in Jerusalem. 2“Dink julle daardie Galileërs was groter sondaars as die ander mense van Galilea?” het Hy gevra. “Is dit waarom hulle geboet het? 3Glad nie! En julle sal ook omkom tensy julle tot inkeer kom. 4En wat van die agtien mans wat gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Was hulle die ergste sondaars in Jerusalem? 5Nee, en Ek sê weer vir julle, as julle nie tot inkeer kom nie, sal julle almal ook net so omkom.” (Luk 13:1-5)
Jesus dui vir ons die rigting en manier van dink aan: " as julle nie tot inkeer kom nie, sal julle almal ook net so omkom.”
Ons vra dus nie hoekom hierdie dinge gebeur nie! Die vraag is, is jy gereed as jy op daardie vliegtuig was? Is jy gereed om met Jesus verenig te word, as jy in een van hierdie aanvalle sou sterf vandag?
Van 'n verborge tot meer openlike aanslag.
Vir baie jare volg ons doelbewus ’n meer verborge benadering gevolg — om deur ’n aantreklike, voorbeeldige lewe, selfs te midde van swaarkry, mense indirek uit te nooi om Jesus te volg. Maar die Heilige Gees begin my dringend oortuig dat dit nou tyd is om mense meer openlik en direk te konfronteer met die evangelie.
- Covert → “verborge” / “geheim” / “onopvallend” ’n verborge operasie
- Overt → “openbaar” / “openlik” / “sigbaar” ’n openlike geloofsbelydenis
Die beste manier om die wêreld hemel of Aarde te maak - is om elke mens 'n toegewyde volgeling van Jesus te maak!
COMMANDED to LOVE - COMMISSIONED to GO!
Dit is ons leuse, ons rede vir bestaan! Ek glo die Here is alreeds vir geruime tyd besig om harte voor te berei. Hy is die een wat mense trek!
Hoe moet ons mense konfronteer?
Petrus gee vir ons die Woorde:
37Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Broers, wat moet ons doen?”
38Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang. 39Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.” 40Petrus het nog lank aanhou preek en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!”
41Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000. 42Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede. Acts 2:37-42
Ons leef in ’n tyd waarin Christene dikwels aangemoedig word om “net ’n goeie voorbeeld te wees” – om die evangelie te leef, nie noodwendig te praat nie. Maar die Skrif leer ons anders. Die opdrag is duidelik: Die evangelie moet verkondig word, geproklameer word, verklaar word – met woorde, in die openbare sfeer, selfs teen koste van self en moontlike vervolging!
“Hoe kan hulle glo as hulle nie hoor nie?”
“Hoe kan hulle Hom aanroep in wie hulle nie glo nie? En hoe kan hulle glo in Hom van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” (Romeine 10:14)
Hierdie teks stel dit onomwonde: geloof kom deur hoor, en hoor kom deur prediking. ’n Goeie lewe alleen is nie genoeg nie — dit kan mense honger maak, en 'n begeerte in hulle harte werk om ook te hê wat ons het, maar daar moet 'n verbale belydenis plaasvind. As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot Redding. (Rom 10:9-10)
“Roep dit van die dakke af uit”
“Wat Ek julle in die donker sê, sê dit in die lig; en wat julle in die oor fluister, verkondig dit van die huise se dakke af.” (Matt. 10:27) Die evangelie is nie ’n private ervaring nie. Wat jy in jou hart ontvang, moet jy met jou mond en jou lewe proklameer— in die openbaar.
Ons is ambassadeurs wat namens Christus smekend uitroep
“Ons tree dan op as gesante namens Christus, asof God deur ons vermaan: Ons bid julle namens Christus: Laat julle met God versoen!” (2 Kor. 5:20)
’n Ambassadeur leef nie net stilweg as verteenwoordiger nie — hy praat namens die Koning. Ons verkondig die evangelie asof God self deur ons spreek.
Die wagter wat nie waarsku nie, deel in die skuld.
“As jy nie die goddelose waarsku nie… sal Ek sy bloed van jou hand eis.” (Esegiël 3:18) Die profetiese verantwoordelikheid lê op elke kind van God — om te waarsku, te spreek, en te roep.
“Gaan heen in die hele wêreld en verkondig”.
Gaan heen in die hele wêreld en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.” (Mark. 16:15) Dis nie ‘Gaan en wees net goeie mense’ nie. Dis: Verkondig. Die opdrag is mondelings, doelgerig, en wêreldwyd.
Wat van “Sout en Lig” en “Leef die Evangelie”?
Ja, Jesus sê in Matteus 5:16: “Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien…. Maar onthou: Hy sê dit sodat hulle die Vader kan verheerlik — en niemand verheerlik God sonder die evangelie nie (Romeine 10).
Leef die evangelie? Ja! Maar leef én spreek dit! Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie. Dis nie genoeg om net ‘n brief van Christus te wees wat deur dade gelees word nie. Ons moet ook roep, preek, getuig, smekend pleit, en van die dakke af verkondig dat Jesus lewe, red, en spoedig gaan terugkeer.