Oorwin angstige oomblikke van VREES.

Ons leef in 'n samelewing waar al hoe meer mense vasgevang is in angs en vrees, mag hierdie boodskap jou GELOOF versterk om vrees te oorwin.

Oorwin angstige oomblikke van VREES.
A tribute to an old friend - Of the many lessons I've learnt from boxing... the one that stands out most is to face your fears and punch through them-no matter how afraid I might be. Thanks for pushing me to that point.
Hanlie Cilliers RIP
28 /3/1972 -31/5/2025

In die afgelope paar jaar het ons ’n merkbare toename in angs en geestelike nood onder mense van alle ouderdomme gesien. Die COVID-19-pandemie het nie net fisiese gesondheid bedreig nie, maar ook ons emosionele en geestelike welstand diep geraak. Die isolasie, onsekerheid en verlies aan gemeenskap het bygedra tot ’n wêreldwye krisis van angs en depressie.

Ondanks hierdie hedendaagse vlaag van vrees, angs en pessimisme, dui data oor die afgelope eeue op ’n indrukwekkende trajek van menslike vooruitgang. Skrywers soos Steven Pinker wys in Enlightenment Now aan dat die mensdom vandag langer leef, gesonder is, beter opgevoed is en in meer vreedsame samelewings woon as ooit tevore, met afnames in geweld, armoede en siektes wêreldwyd¹. Hans Rosling beklemtoon in Factfulness dat ons dikwels ’n skewe, oorwegend negatiewe wêreldbeskouing het, terwyl statistieke wys dat wêreldwye kindersterftes afneem, geletterdheid toeneem, en uiterste armoede drasties afgeneem het². Max Roser en sy span by Our World in Dataverskaf ’n omvangryke databasis wat empiries toon hoe lewensverwagting, inkomste, en toegang tot basiese dienste op elke kontinent verbeter het³. Indur Goklany voeg by dat selfs omgewingsfaktore soos luggehalte en waterveiligheid beter is in baie streke, veral as gevolg van tegnologie en wetenskaplike vooruitgang⁴.

Suid-Afrika Se Prentjie

Hoewel wêreldwye data toenemende vooruitgang aandui, lyk Suid-Afrika se realiteit in baie opsigte donkerder en meer kompleks. Ekonomiese kommentators soos Dawie RoodtRob Hersov, en Ernst Roets waarsku teen ’n komende fiskale afgrond, die gevaar van staatsinmenging, korrupsie, en ’n afwaartse trajek in die land se infrastruktuur, veiligheid en werkloosheid. Hulle argumenteer dat politieke onstabiliteit, wanbestuur, en ’n kultuur van onverantwoordelikheid die ekonomie ernstig ondermyn, en dat middelklas-Suid-Afrikaners toenemend uit die land emigreer of hul kapitaal onttrek in vrees vir ’n Zimbabwe-agtige toekoms.

Teenoor hierdie donker prentjie staan meer genuanseerde en hoopvolle perspektiewe van denkers soos Dr. Frans CronjeDr. Theuns Eloff, en Theo Vorster. Hulle erken die ernstige uitdagings, maar beklemtoon dat die land se demografiese struktuur, entrepreneurskapspotensiaal, burgerlike samelewing en grondwetlike raamwerk, persvryheid, onafhanklike Regbank steeds sterk is. Hulle sien geleenthede vir heropbou, veral op plaaslike vlakke en in samewerking tussen privaatsektor, gemeenskappe en nieregeringsorganisasies. Volgens Cronje is daar in Suid-Afrika ’n “sterk morele vesel” wat, indien dit korrek gekanaliseer word, die land nog op ’n pad van herstel en groei kan plaas.

Hierdie uiteenlopende sienings dwing ons om nie in simplistiese narratiewe van hoop of wanhoop te verval nie. Die werklikheid is veelvlakkig: terwyl sekere sektore groei en hoop toon, ervaar ander erosie en verval. Die uitdaging vir die kerk, gemeenskapsleiers en gelowiges is om nie net die tekens van die tye te verstaan nie, maar ook verantwoordelik deel te neem aan die vorming van ’n toekoms wat op geregtigheid, wysheid en diens berus.

In The Anxious Generation (2024) bied Jonathan Haidt ’n indringende analise van hoe slimfone en sosiale media ’n dramatiese toename in angs, depressie en sosiale isolasie veroorsaak het—veral onder jongmense. Alhoewel Haidt self nie gelowig is nie, is een van die mees verrassende insigte teen die einde van die boek dat geloofstradisies ’n kragtige rol kan speel in die bekamping van angs en geestesnood.

Belangrikheid van Geestelike Gesondheid 

Hy identifiseer ses geestelike praktyke—gegrond in antieke godsdienstige tradisies—wat vandag sistematies ondermyn word deur die digitale lewe:

1.     Gedeelde heiligheid: Besoek 'n gemeente en kerkbyeenkoms vir betekenisvolle gemeenskaplike aktiwiteite en aanbidding.

2.     Fisiese ervaring: Werklike fisiese aktiwiteite, soos sport of gebed, wat liggaamlike betrokkenheid en samehorigheid versterk.

3.     Stilte, rus en fokus: Tye van gebed, meditasie of doelbewuste afsondering wat toenemend verlore raak in ’n lewe vol te veel afleidings en gears.

4.     Leef in verwondering: Die ervaring om jouself te verloor in iets groter, soos aanbidding, verwondering of gemeenskapsdiens.

5.     Stadig tot woede, vinnig om te vergewe: In teenstelling met sosiale media se neiging tot vinnige oordeel en vergelding, leer geloofstradisies geduld, genade en die vermoë om te vergewe.

6.     Ontsag vir die skepping: Tyd spandeer in die natuur wek verwondering en nederigheid—emosies wat geestelike genesing bevorder.

Volgens Haidt is hierdie praktyke nie net opsioneel vir ’n “spirituele lewe” nie, maar noodsaaklik vir menslike psigologiese welstand. Hy stel dit duidelik dat ons digitale lewens ons verarm het van die tipe ritmes, verhoudings en perspektiewe wat geloof oor eeue ontwikkel het om angs en isolasie te hanteer.

Hoewel Haidt nie ’n teologiese standpunt inneem nie, maak hy wel ’n sterk funksionele saak vir die waarde van godsdiens: dit is juis in ’n tyd van tegnologiese oordondering en morele verwarring dat die kerk as heiligdom van gesondheid en balans kan dien.

In kort, The Anxious Generation is nie net ’n waarskuwing oor die gevare van slimfone nie, maar ook ’n onverwagte pleidooi vir die herontdekking van ou wysheid.

Indien ons wil hê dat ons kinders én ons samelewing moet floreer, sal ons weer moet leer leef soos gelowiges: met ritme, betekenis, verwondering en diepe gemeenskap.

Vergelyk die Huidige met die Verlede 

In haar treffend getitelde boek Stone and Dung, Oil and Spit bied Jodi Magness – ’n argeoloog en professor in vroeë Judaïsme – ’n boeiende blik op die alledaagse lewe van Jode in Galilea en Judea gedurende die tyd van Jesus. Sy herinner ons daaraan dat Westerlinge geneig is om die antieke wêreld deur ’n “sterk gesaniteerde lens” te beskou. Selfs in die mees gevorderde stede van die tyd was die toestande volgens moderne standaarde “vuil, slegruikend en ongesond.” Magness skryf: “As ons terug in tyd vervoer kon word, is dit onwaarskynlik dat meeste van ons die blootstelling aan die alomteenwoordige vuil en siektes sou oorleef, aangesien ons nie teen daardie kieme immuun is nie.”

Gevolglik was die algemene gesondheidstoestand van die inwoners van Nasaret aanmerkend onder vandag se standaarde. Die historikus John Dominic Crossan en Jonathan L. Reed beskryf die leefomstandighede in Jesus se tuisdorp met enkele, ontnugterende sinne: Die meeste skeletreste toon voorspelbare tekens van yster- en proteïentekorte, asook ernstige artritis. ’n Gewone griep, ’n verkoue of selfs ’n abses op ’n tand kon dodelik wees. Die lewensverwagting vir dié wat kinderskoene oorleef het, was gemiddeld in die dertigs; mense wat vyftig of sestig jaar oud geword het, was uitsonderings.

Nasaret het uit slegs ’n paar honderd inwoners bestaan, meestal uitgebreide familie-eenhede. Hulle was afhanklik van kleinskaalse boerdery om hulself te voed en belasting te betaal, en het ’n metode van “polycropping” gebruik – verskeie gewasse wat gelyktydig verbou is om nie van een enkele gewas afhanklik te wees nie.

Verder het die las van daaglikse oorlewing vererger onder ’n wrede klassestelsel waaronder die oorgrote meerderheid van die bevolking moes swig. ’n Groot deel van wat die land opgelewer het—óf dit nou oes óf inkomste was—moes afgestaan word om die heersende elite te onderhou: beide Herodus en die Romeinse owerhede. Hierdie stelsel van onderdrukking het sigbaar geword in die vorm van drievoudige belasting: eerstens die tiende, oftewel 10%, wat aan die Tempel in Jerusalem betaal is; tweedens belasting aan die Romeinse keiser; en derdens ’n heffing aan die plaaslike Joodse koning, Herodes. As gevolg van onvoorspelbare weerpatrone, swak gesondheid, en die las van hierdie drievoudige belasting, het gesinne gereeld in skuld en finansiële verwoesting beland.

Hierdie samelewing was vasgevang in ’n ingewikkelde hiërargie wat nie net konings en goewerneurs ingesluit het nie, maar ook ’n bestuursklas wat bestaan het uit belastinggaarders, hofamptenare, handelaars en die priesters, skrifgeleerders en die Kenners van die wet. Alhoewel hierdie twee “bo-klasses”—die heersers en die bestuursklas—slegs sowat 1% van die bevolking verteenwoordig het, het hulle meer as die helfte van die streek se totale inkomste geabsorbeer. Net onder hierdie elite het die handelaars en priesters gevolg. Aan die heel onderkant was die uitgeworpenes: sosiaal onrein en uitgesluit. Net bó hulle was die landbouers (boere) en ambagsmanne—die peasantklas. Interessant genoeg het die ambagslui dikwels selfs laer as die boere gerangskik, omdat hulle nie oor die sekuriteit van eie grond beskik het nie.

Jesus se eie familie het tot hierdie ambagsklas behoort, waarskynlik naby aan die onderste sport van die ekonomiese leer. Hy sou dus eerstehands geweet het wat dit beteken om arm te wees, om te lewe in ’n harde werklikheid waar bestaan afhanklik was van die genade van die natuur, die bedreiging van siekte, en die eise van owerhede. Tog sou Hy ook geweet het wat dit beteken om te leef binne ’n nou verweefde gemeenskapslewe—waar die ambagsman die boer sou bystaan, die ouer vrou haar swanger buurvrou help, en die gesin met ’n ekstra bietjie kos dit deel met dié wie se oes misluk het.

Soos Crossan en Reed dit bondig opsom: “Alle argeologiese bewyse uit die Romeinse tydperk dui op ’n eenvoudige boerebestaan in Nasaret.”[1]

Dit is teen hierdie konteks waar Jesus met die skare mense praat toe hy Sy eerste preek lewer: Hy praat nie teen die Romeine nie, hy noem hulle nie eers nie. Hy betoog nie namens die slagoffers nie! Hy loop nie rond met plakate en slagspreuke nie!

Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit*, kom sy dissipels na Hom toe. 2Hy het hulle soos volg onderrig: Hoe die burgers van God se koninkryk lyk

3“Gelukkig is dié mense 
wat weet hoe nodig hulle God het
*
want hulle het deel aan sy koninkryk.

4Gelukkig is die treurendes,
want God sal self hulle trane afvee.

5Gelukkig is dié wat sag van hart is,
want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.

6Gelukkig is dié wat honger 
en dors na wat voor God reg is
*,
want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.

7Gelukkig is dié wat met deernis 
uitreik na mense in nood, 
want God sal aan húlle deernis bewys.

8Gelukkig is dié wie se harte
volkome op God gerig is
*
want hulle sal vir God sien.

9Gelukkig is die vredemakers, 
want God sal vir hulle sê: 
‘Julle is mý kinders.
*

10Gelukkig is dié wat vervolg word
ter wille van wat voor God reg is, 
want hulle het deel aan sy koninkryk.  (Mat 5:1-10) NLV 

11“Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. 12Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”[2]

Jesus wys die slagoffers van Romeinse Brutaliteit en Sistemiese Armoede met geen politieke vooruitsigte van bevryding en verandering 'n gans ander perspektief!!

1.     … want aan julle behoort die koninkryk van die hemele.
2.     … want julle sal vertroos word.
3.     … want julle sal die aarde beërwe.
4.     … want julle sal versadig word.
5.     … want aan julle sal barmhartigheid bewys word.
6.     … want julle sal God sien.
7.     … want julle sal kinders van God genoem word.
8.     … want aan julle behoort die koninkryk van die hemele.
9.     … want julle loon is groot in die hemele. 

Jesus leer ons dat die krisis nie buite ons is nie maar binne!!


Hoe Werk Geloof?

Mense se geloof is baie kragtig.  

Vanuit die geskiedenis, sosiologie, sielkunde en ander vakgebiede is dit duidelik dat mense se geloof hulle realiteit bepaal, nie die realiteit hulle geloof nie.

Die voorbeelde is legeo, mense glo wat hulle glo, al word die feite direk vir hulle uiteengesit.  

Daar is al baie toetse gedoen oor die ‘placebo’ effek.  Dit is waar mense vertel word dat hulle ‘n wonderkuur middel gaan kry, wat hulle gaan genees.  Hulle kry inderwaarheid ‘n suikerpil, tog gebeur daar fisiese biologiese genesing en ‘n wonderwerk bloot omdat hulle glo.  So het ‘n vrou wat sukkel met akute naarheid, 10 minute na sy die suikerpil gedrink het was haar naarheid weg.  ‘n verdere ekstreme geval was waar ‘n persoon met ‘n skisofrenie en ‘n gesplete persoonlikheid se suikervlakke fisies verander wanneer sy glo sy is die diabeet persoonlikheid.  

Die teenoorgestelde Nocebo effek is net so kragtig. Dit is waar mense hulleself siek glo, met die eerste geringe simptome.  

The biochemistry of our body stems from our awareness. Belief-reinforced awareness becomes our biochemistry. Each and every tiny cell in our body is perfectly and absolutely aware of our thoughts, feelings and of course, our beliefs. There is a beautiful saying ‘Nobody grows old. When people stop growing, they become old’. If you believe you are fragile, the biochemistry of your body unquestionably obeys and manifests it. If you believe you are tough (irrespective of your weight and bone density!), your body undeniably mirrors it. When you believe you are depressed (more precisely, when you become consciously aware of your ‘Being depressed’), you stamp the raw data received through your sense organs, with a judgment – that is your personal view – and physically become the ‘interpretation’ as you internalize it. Our beliefs provide the script to write or re-write the code of our reality.  

Erger Tye

In die dekades ná Jesus se bediening, toe Paulus sy brief aan die Filippense geskryf het (omstreeks 61 n.C.), het die stad Filippi ’n unieke mengsel van Romeinse mag, Griekse kultuur en sosiale ongelykheid vergestalt. As ’n Romeinse kolonie in Masedonië was Filippi ’n “miniatuur-Rome”, met sy eie forum, amfiteater, openbare baddens en tempels. Die stad het op die belangrike Via Egnatia geleë, wat dit ’n strategiese handels- en militêre sentrum gemaak het. 

Die bevolking van Filippi het na raming tussen 10,000 en 15,000 mense beloop, waarvan ’n groot deel slawe, kleinboere en ambagslui was. Slegs ’n klein minderheid het Romeinse burgerskap geniet, wat gepaard gegaan het met belastingvrystelling en politieke voorregte. Die meerderheid het egter onderworpe gebly aan swaar belasting en beperkte regte, wat hul lewensomstandighede uitdagend gemaak het.

Die sosiale struktuur van Filippi was hiërargies, met ’n eliteklas van Romeinse veterane en amptenare aan die bokant, gevolg deur handelaars en priesters. Aan die onderkant was die gewone burgers, insluitend die ambagslui en boere, wat dikwels gesukkel het om aan die lewe te bly. Vroue het in sekere gevalle ekonomiese en sosiale aktiwiteite onderneem, soos gesien in die geval van Lydia, ’n handelaar in pers materiaal, wat ’n prominente figuur in die vroeë Filippense gemeente was.

Die godsdienstige lewe in Filippi was oorwegend heidens, met die aanbidding van verskeie gode, insluitend die keiserlike kultus wat die Romeinse keiser as ’n god beskou het. Die Joodse gemeenskap was klein, onvoldoende om ’n sinagoge te vorm, wat Paulus genoop het om by ’n gebedsplek langs die rivier te preek. Hier het hy Lydia ontmoet, wat tot bekering gekom het en haar huis vir die vroeë Christelike gemeente oopgestel het.

Paulus se tyd in Filippi was nie sonder teenspoed nie. Na die uitdrywing van ’n gees uit ’n slawe-meisie, is hy en Silas gearresteer, geslaan en in die tronk gegooi. ’n Aardbewing het egter die tronkdeure oopgemaak, wat gelei het tot die bekering van die tronkbewaarder en sy gesin. Hierdie gebeure illustreer die uitdagings en oorwinnings van die vroeë Christelike sendingwerk in ’n stad wat diep gewortel was in Romeinse en Griekse tradisies. 

Ten spyte van die sosiale en ekonomiese uitdagings, het die Filippense gemeente ’n diep verbintenis met Paulus gehad, hom finansieel ondersteun en as ’n model van geloof en volharding gedien. Hulle toewyding het ’n blywende indruk op Paulus gemaak, wat in sy brief hul liefde en ondersteuning erken het.

Dit in die lig wat Paulus met die Gemeente Gelowiges in Filippi skryf. 

Phil 1:27-28 

27 Only let your conduct be worthy of the gospel of Christ, so that whether I come and see you or am absent, I may hear of your affairs, that you stand fast in one spirit, with one mind striving together for the faith of the gospel, 28 and not in any way terrified by your adversaries, which is to them a proof of perdition, but to you of salvation, and that from God. 29 For to you it has been granted on behalf of Christ, snot only to believe in Him, but also to suffer for His sake, 30 having the same conflict which you saw in me and now hear is in me. NKJV 

27 ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, 28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie.Dit is vir hulle wel ’n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God  OV

27 ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, 28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel ’n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God; 29 omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly, 30   terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.  NLV

Weereens kry ons hierdie baie direkte maar rigtinggewende perspektief: en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie

Martelaar Mentaliteit 


Ons bid ook nie die Here vir uitkoms, of dat Hy ons vyande sal verdelg nie! 

Paulus leer ons dat ons elke situasie moet gebruik tot God se eer.  

  • ons moet in een gees vasstaan
  • saam stry vir die geloof van die evangelie 

Natuurlik ervaar ons almal soms vrees — veral wanneer ons die gevaar nie fisies voor ons sien nie, maar net hoor! Dis juis hoe vrees werk: die gevaar is nie noodwendig sigbaar of werklik nie, maar die klank van dreiging laat ons harte reeds in trurat slaan. Die vyand, die vader van die leuens, weet presies watter flitsbeelde in ons gesigsveld moet verbygaan om paniek aan te wakker. ’n Halwe storie hier, ’n foto daar, ’n opskrif of berig elders — en voor jy jou kom kry, is jou gemoed omsingel deur onheilspellende vooroordele en valse verwagtinge. Geloof beweeg wel… maar in trurat. Niks van hierdie gevreesde dinge het nog gebeur nie, maar tog leef ons reeds asof dit wel gaan.

Ons vrees nie wat is nie, maar wat miskien kan wees — en só verloor ons die vrede van geloof.  Vrees verlam - Geloof aktiveer en gee energie.  

[1] Martin, James. Jesus: A Pilgrimage (pp. 78-79). (Function). Kindle Edition.

* *5:1 Die tipiese posisie van ’n leermeester.

* *5:3 Grondteks armes van gees.  

* *5:6 Grondteks geregtigheid. 

* *5:8 Grondteks wat rein van hart is. 

* *5:9 Of julle aard na My.

[2] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006. Print.