“As jy die lyn trek, begin die oorlog”

“As jy die lyn trek, begin die oorlog” hoe rig ons gesonde grense op in ons lewe.

“As jy die lyn trek, begin die oorlog”
As jy die lyn trek, begin die oorlog

Het jy al agtergekom… die oomblik as jy vir iemand “nee” sê, dan kyk hulle vir jou asof jy nou lid geword het van 'n sekte?

Jy sê: “Ek kan ongelukkig nie vanaand by die braai wees nie.” of "Nee, dankie ek gaan nie iets drink nie" En sommer dadelik is jy nou onvriendelik, hoogmoedig, en waarskynlik onder geestelike aanval.

In die kerk word ‘nee’ amper as ‘n vloekwoord gesien! Almal verwag ons moet net altyd Ja, sê!

Grense is hoe God die wêreld orden en heilig.

Tog het die Here nog altyd ook die grense tussen volke en mense bepaal.

En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; Acts 17:26
Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel. Deut 32:8.

Greek: ὁροθεσία horothesía; gen. horothesías, fem. noun from hóros (n.f., see methórios [G3181]), boundary, and títhēmi (G5087), to set. A setting of bounds or a limit (Acts 17:26).
Hebrew: H1367. גְּבוּלָה geḇûlāh: A feminine noun indicating a territory or boundary. The word describes the fixed limits the Lord has set for the entire earth, including its seasonal variations (Ps. 74:17). The word depicts the fixed boundaries of the various nations and boundaries set by God (Isa. 10:13) or a certain territory or area around a city (Num. 32:33). It denotes the boundary lines set up to define an area (Num. 34:2, 12) and sections or rows within a garden for planting various crops (Isa. 28:25).

Inklusiwiteit vs eksklusiwiteit

Ons leef in 'n wêreld waar die boodskap van INKLUSIWITEIT oor en oor aan ons verkondig is, en daar is waarheid in die beginsel: Jesus is inklusief om alle mense dieselfde te behandel, met respek en menswaardigheid. Jesus maak ALMAL gesond. Hy raak aan die melaatses, kuier by die tollenaars, en word in die publiek gesien tussen die Samaritane! Jesus tel kinders op sy skoot! Jesus is dus die toonbeeld van 'n mens-mens, toeganglik, tussen ons, nie verhewe en onaantasbaar nie.

Tog is Jesus ook EKSKLUSIEF
Johannes 14:6
Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Johannes 10:7, 9 Toe sê Jesus weer vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape… Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word; en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

Johannes 11:25–26 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe in ewigheid nie. Glo jy dit?

Johannes 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Johannes 8:24 Daarom het Ek vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.

Handelinge 4:12. En die saligheid is in geen ander nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie.

1 Timótheüs 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

1 Johannes 5:11–12 En dit is die getuienis, dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; hy wat die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Mense wil hulle brood op al vier kante gebotter hê.

  • Hulle wil in ’n verhouding wees, maar nogsteeds “single vibes” op Instagram gooi.
  • Hulle wil R30 000 ’n maand verdien, maar werk net 3 dae ’n week — van die huis af. (Brood, botter, konfyt én ’n cappuccino by die huis.)
  • Ek wil finansiële onafhanklikheid hê,” sê sy, “maar Pa, kan jy my petrol ingooi?”
  • Hy sê hy wil “meer outentiek leef”, maar gebruik AI en filters om sy profielprent mooier te maak. (’n Digitale brood met kunsmatige botter.)
  • Ek wil Jesus volg,” sê hulle, “maar nie te ernstig nie — ek het nog my eie vibe.”(Brood met botter én ’n bietjie wêreldse sprinkel.)
  • Hulle bid vir deurbraak, maar wil nie deurbraak se prys betaal nie. (Vier kante gebotter, nul knieë geskaaf.)

Daar is dit so dat om grense op te rig is so goed as om 'n oorlogsverklaring te maak.

“tot hier en nie verder nie,”

Wanneer jy grense stel, ontneem jy mense nie van liefde nie; jy herdefinieer net toegangsvlakke. En dié wat gewoond was aan onbeperkte toegang — mense wat dalk lank op emosionele “vrypas” geloop het — ervaar dit as ’n aanranding van hul reg, terwyl dit in werklikheid net ’n herstel van orde is.

Dis soos ’n stad met oop hekke: aanvanklik lyk dit gasvry, maar gou word dit onveilig. ’n Muur met ’n poort is nie vyandigheid nie, dis wysheid. Selfs God het die tuin van Eden met ’n grens beskerm, en die heiligdom in die tabernakel het lae toegang: buitehof, heilige plek, Allerheiligste. Grense bring heiligheid, vrede en orde.

“Om grense te stel vir mense wat gewoond is aan vrye toegang, laat hulle voel jy het hul ‘toegangspas’ gekanselleer — maar eintlik herstel jy die heiligheid van jou tuin.”

Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle 'n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”
Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: “Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as 'n jakkals daarteen spring!”
Nehemia 4:1–3

Nehemia bou aan die muur, net daar — begin die OORLOG! — verskyn Sanballat, Tobia, en die hele “Haters Club van Jerusalem.” Hulle spot, hulle skinder, hulle lieg.

Want elke muur is 'n keerwal.

Sien, party mense is verslaaf aan jou beskikbaarheid. As jy altyd “ja” sê, raak hulle verslaaf aan jou toegang. En as jy nou begin mure bou, voel dit vir hulle soos ‘n subskripsie wat gekanselleer is.

Moenie geskok wees as mense kwaad word oor jou groei nie. Jy vat net terug wat die duiwel huurvry beset het.

Genade het ‘n heining nodig

Teks: Genesis 2:15

Selfs in Eden — die paradys! — het God grense gestel.

Hy sê: “Adam, eet enigiets… behalwe daai een boom.”

Genade sonder struktuur word chaos. Dr. Henry Cloud sê: “Grense bepaal wat ek is en wat ek nie is nie.” Sonder grense raak liefde giftig. Liefde sonder grense is nie genade nie — dis medafhanklikheid met ‘n Bybelvers.

Selfs Jesus het grense gehad:

  • Hy het Hom onttrek om te bid.
  • Hy het nie almal genees op aanvraag nie.
  • Hy het mense laat gaan wat wou loop.
  • As Jesus “nee” kon sê, hoekom probeer jy almal red?

“Nee” sê, is goddelike orde skepping

Teks: Job 38:11

God sê vir die see: “Tot hiertoe en nie verder nie.”

Dis nie woede nie — dis orde.

Elke keer wat jy ‘n grens stel, doen jy wat God in die skepping gedoen het — jy skei chaos van vrede.

  • Sommige van julle moet vanaand vir vrees sê: “Tot hiertoe en nie verder nie.”
  • Vir daai giftige WhatsApp-groep: “Tot hiertoe en nie verder nie.”
  • Vir oorwerk en skuldgevoel: “Tot hiertoe en nie verder nie.”

Dis nie aggressief nie — dis heilig!

Grense wys wat jy waardeer

Teks: Spreuke 4:23 / Matteus 7:6

Jesus sê: “Moenie jou pêrels voor die varke gooi nie.”

Vertaling: Hou op om jou energie te mors op mense wat jou doel nie verstaan nie.

Elke “ja” wat jy sê, is ‘n stil “nee” vir iets anders.

Kyk na jou kalender — dis jou teologie in Excel-formaat!

  • As jy vrede waardeer, sal jy dit beskerm.
  • As jy roeping waardeer, sal jy jou tyd bewaak.
  • As jy jou hart waardeer, sal jy jou grense verdedig.

Grense is geestelike oorlogvoering

Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Jakobus 4:7

Bly dan op julle pos, toegerus Efesiërs 6:14

“Bied weerstand aan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

Hoe bied jy weerstand? Met ‘n grens.

Elke keer wat jy “nee” sê vir sonde, is dit ‘n geestelike beslagleggingsbevel.

Nehemia bou met ‘n troffel in die een hand en ‘n swaard in die ander. Dis hoe dit voel om grense te hê — jy bou én baklei tegelyk.

Henry Cloud sê: “Grense is die wagte van vryheid.”

Jy sluit nie mense uit nie; jy hou chaos buite. Grense is nie selfsugtig nie — dis heilig. Dis nie om teen mense te baklei nie — dis om vir volhoubare VREDE en ORDE te veg.

Grense maak vyande — maar maak jou  heel

Wanneer jy groei, groei jy uit.

Party mense het gehou van die ou jy — die een met gratis emosionele Wi-Fi.

Nou dat jy die wagwoord verander het, noem hulle jou moeilik.

Onthou: die enigste mense wat kwaad raak as jy grense stel, is die wat voordeel getrek het toe jy nie gehad het nie.

So as iemand sê, “Jy het verander,” sê jy: “Amen — dis die punt!”

Veg vir jou tuin

Nehemia sê: “Veg vir julle broers, julle seuns, julle dogters, julle vroue, en julle huise.” Nehemia 4:14

Grense is hoe jy veg vir jou toekoms.

  • Jy veg nie mense nie — jy veg patrone.
  • Jy verwerp nie mense nie — jy beskerm jou doel.
  • Jy bou nie mure van trots nie — jy bou poorte van vrede.
Volgende keer as jy “nee” sê en skuld voel, onthou: Selfs die hemel het hekke, en die Nuwe Jerusalem het mure — en dis is heilig! Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik. Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos 'n skoon spieël lyk. Rev 21:17-18