Die Ekonomiese Oorlewing van die Vroeë Kerk

Die ekonomiese oorlewing van die vroeë kerk was nie ’n toevallige verskynsel nie, maar die vrug van ’n diep teologiese Christosentriese oortuiging, praktiese wysheid en ’n radikale, Geesgevulde ekonomiese etiek.

Die Ekonomiese Oorlewing van die Vroeë Kerk
Die Ekonomiese Oorlewing van die Vroeë Kerk

1.   Inleiding: ’n Kerk Sonder Staatsubsidie

Die ekonomiese oorlewing van die vroeë kerk was nie ’n toevallige sameloop van omstandighede nie maar die vrug van ’n diep teologiese Christosentriese oortuiging, praktiese wysheid en ’n radikale, Geesgevulde ekonomiese etiek. Die eerste Christene het in ’n wêreld sonder staatsubsidie, sonder kerkgeboue, sonder belastingvoordele en sonder institusionele sekuriteit begin. Hulle was ’n vervolgde minderheid binne die Romeinse Ryk. Tog lees ons in Handelinge 4:34–35

“Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.”

Hierdie teks openbaar nie ’n vroeë vorm van gedwonge kommunisme nie, maar ’n vrywillige, Geesgedrewe solidariteit. Lukas maak dit duidelik dat die deel van besittings nie ’n universele of permanente ekonomiese stelsel was nie. Handelinge 2:46 wys dat gelowiges steeds huise gehad het waarin hulle brood gebreek het. Almal het nie hulle huise verkoop nie. Die werkwoorde in Handelinge 2:45 is in die onvoltooide tyd, wat aandui dat die verkoop van eiendom en die uitdeel van geld sporadies en behoefte-gedrewe was, nie ’n eens-en-vir-altyd oorgawe van alle privaatbesit nie. Die sonde van Ananias en Saffira in Handelinge 5:1–11 was nie dat hulle nie alles gegee het nie, maar dat hulle voorgegee het om alles te gee terwyl hulle gelieg het. Petrus sê uitdruklik in Handelinge 5:4:

“Was dit nie joune toe dit gebly het nie? En nadat dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie?”

Koste: $9 per maand

Moenie dat die dollar-prys jou afskrik nie; Patreon aanvaar alle plaaslike kaarte en jou bank skakel die bedrag eenvoudig om na Rand teen die dag se koers. Dit werk uit op ongeveer R170 per maand, afhangend van die wisselkoers.