Die Krag van die Evangelie: Sy Vermoë Om Te Kán

Jou liggaam het kos nodig; jou foon het batterykrag nodig; jou motor het brandstof nodig. Net so het jou siel geestelike energie nodig.

Die Krag van die Evangelie: Sy Vermoë Om Te Kán
Die Krag van die Evangelie: Sy vermoë om te kán

KYK OP YOUTUBE

https://creators.spotify.com/pod/profile/jan-oosthuizen/episodes/Die-Krag-van-die-Evangelie-Sy-vermo-om-te-kn-e36ltln

Kerntekste:

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag (δύναμις, dýnamis) van God tot redding vir elkeen wat glo …” (Rom 1:16, AOV).
“Want God is dit wat in julle werk (ἐνεργῶν, energōn) om te wil (θέλειν, thelein) sowel as om te werk (ἐνεργεῖν, energein) na sy welbehae.” (Fil 2:13, AOV)

Sielsenergie

Jou liggaam het kos nodig; jou foon het battery krag nodig; jou motor het brandstof nodig. Net so het jou siel geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid, self-kritiek—is energie-rowers. Hulle tap jou wilskrag en laat jou voel of jy in sand probeer hardloop.

Kyk Die Draak in Die Oë
Vandag se “drake” wat mense in die oë moet kyk sluit in:

  • gesondheidstryd (terminale/chroniese siekte, pyn, uitputting)
  • verslawings (alkohol, voorskrifmedesyne, dwelms, pornografie, skerms)
  • geestesgesondheid (selfmoord, depressie, angs, post traumatiese spanning, perfeksionisme, selfhaat, geheime vrese en agterdog, geloofsvertwyfeling)
  • verhoudingsbreuke en misbruik (egskeiding, ontrouheid, vervreemding, bitterheid)
  • finansiële en werkdruk (skuld, werkloosheid, toksiese werksplekke, loopbaan-onsekerheid)
  • identiteit en spiritualiteit (minderwaardigheid, roeping-vaagheid, louwarmheid, kerkverdeeldheid, okkultiese bindings)
  • konteks-stres in SA (misdaad, korrupsie, dienslewering, rassespanning),
    jeugdruk (eksamens, aanlyn-vergelyking, kuberboelie, “cancel culture”)
  • lewensiklusse van verlies (rou en verlies van 'n geliefde, midlife krisis, aftrede)
  • die daaglikse uitdagings om ’n nuwe werk of vaardigheid te bemeester.

Waar kry ’n mens die moed, krag en wil om hierdie drake te konfronteer?

Die Bybel se antwoord is nie: “probeer harder” nie, maar: ontvang SY krag. Dit is die krag van die Evangelie—God se vermoë in jou om te kán wat jy nie op jou eie kan nie.

As jy in ’n donker put is: jy is nie minder geestelik nie; jy is mens. Roep uit na God, praat met iemand wat jy vertrou, en kry professionele hulp indien nodig. Die Here gebruik die liggaam van Christus, die wetenskap, én Sy bonatuurlike nabyheid.

Die Evangelie skaam jou nie; dit dra jou. Paulus kon sê: “Ek skaam my nie” (Rom 1:16)—Die wet sê wat reg is en veroordeel jou wanneer jy faal; dit wek skande maar bied geen krag. Skande verander niemand nie, maar die Evangelie bemagtig elkeen wat glo. Dit is God se vermoë in jou om te kán: om te wil én te doen. Die son kom op in jou binneste; jy wéét—nie uit bravade nie, maar uit SY teenwoordigheid—“Hy werk in my om te doen wat goed is.” (Fil. 2:13).

Die Evangelie  verklaar jou regverdig in Christus en vervul jou met die Heilige Gees sodat daar in jou ’n nuwe wil gevorm word wat van binne af begeer om te doen wat God goed vind (Rom 8:1–4; Gal 5:16–18). Die gevolg is dat jy nie meer uit self-dwang leef nie, maar GEESGEDREWE: dit is heiligmaking met werklike “horsepower.”

Die 10 Energie-Rowers

  1. Liggaam & Leefstyl
  • Slaaptekort; onreëlmatige slaap; snags skerms/blue light
  • Dehidrasie; te veel suiker/kafeïen (energie-pieke → crashes)
  • Slegte voeding; yster-/vitamien-tekorte; oorslaan van maaltye
  • Geen beweging; heeldag sit; swak postuur; oppervlakkige asemhaling
  • Chroniese pyn; onbehandelde allergieë; oorstimulasie deur hitte/geraas ruimtes
  1. Geesteswêreld & Emosies
  • Oorbekommernis; ruminering; katastrofering
  • Perfeksionisme; alles-of-niks-denke; besluitmoegheid
  • Onverwerkte trauma/PTSV; skuld/skaamte; selfkritiek
  • Bitterheid; onvergewensgesindheid; sinisme
  • Sosiale angs; mense-plesier (people-pleasing); kodependensie
  1. Verhoudings & Sosiaal
  • Toksiese interaksies; passief-aggressie; skinder
  • Onduidelike grense; konstant “ja” sê; konflikvermyding
  • Emosionele arbeid sonder herstel; burn-out in sorgrolle
  • Isolasie/eensaamheid; oppervlakkige verbintenisse
  1. Werk & Produktiwiteit
  • Multitasking; konstante context switching.
  • Eindelose vergaderings; e-pos-oorlading; onduidelike prioriteite
  • Onrealistiese sperdatums; mikrobestuur; rol-onsekerheid
  • Prokrastinasie; té veel projekte; onafgehandelde “open loops”
  • Doellose pendel/ry; swak ergonomie; rommelrige werkplek
  1. Digitale & Media
  • Doomscrolling; 24/7 nuussiklusse; skokkende inhoud
  • Skermverslawing; speletjie- of video-stream-binge
  • Vergelyking op sosiale media; “FOMO”
  • Notifikasie-“pings” wat jou fokus onderbreek.
  1. Finansies & Konteks
  • Skuld; finansiële onsekerheid; begrotings-chaos
  • Admin-rumoer (papierwerk, toue en lang rye, call centres)
  • Kundige oorstimilasie (te veel info, te min keusestruktuur)
  • In SA: beurtkrag/kragonderbrekings; misdaadvrees; diensleweringstres
  1. Geestelik & Moreel
  • Gebedloosheid; geen rusdag/Sabbat-ritme; geestelike louwarmheid
  • Onbelyde sonde; dubbellewe; doel/roeping-onduidelikheid
  • Toksiese godsdienstigheid (wet sonder genade)
  1. Omgewing & Ritmes
  • Wanorde en rommel in huis/kantoor; lawaai; swak lig/vars lug
  • Te min natuur/sonlig; geen kreatiewe speel/nuutheid
  • Onreëlmatige roetines; te min herstel-momente
  1. Gedrag & Gewoontes
  • Grenslose help/“reddersindroom”; oorverantwoordelikheid
  • Oorbelofte en onderlewering; selfverwaarlosing
  • Troosgedrag (inkopies, kos, drank) wat skuld en moegheid verdiep
  1. Verwagtinge & Identiteit
  • Leef vir aanvaarding; identiteit in prestasie
  • Onrealistiese selfverwagtinge; skadelike selfpraat

Evangelie-logika: Die wet kan jou skande openbaar, maar net die Evangelie kan jou wil en krag herstel. Genade gee ons die vermoë om “goddeloosheid te verloën” en nugter te leef (Tit 2:11–12). Dis 'n innerlike vermoë—nie uiterlike dwang nie.

Woordstudie: Die Bybel se taal vir God se krag

1) δύναμις (dýnamis)

Betekenis: Inherente krag/kapasiteitvermoë om iets werklik te verrig; ook “kragtige dade/wonders” (mighty works). Dýnamis fokus op die effektiewe potensiaal wat in aksie tree—soos die enjin se perdekrag wat die kar wérklik laat ry. In die Nuwe Testament beskryf dit gereeld God se krag in evangelie, opstanding en tekens.

Verskil van ἐνέργεια (die werking/aktivering self) en ἐξουσία (die reg/gesag om te handel).

WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Romeine 1:16

Handelinge 1:8. (Sien ook 1 Korintiërs 2:4–5; 2 Korintiërs 12:9; Efesiërs 3:16, 20.)

Prakties: Die evangelie is nie net ’n boodskap nie; dit dra vermoë wat mense werklik verander.

2) ἐνέργεια (enérgeia) / ἐνεργέω (energéō)

Betekenis: Werkende kragoperatiewe energie; die aktiewe werking waardeur krag vloei en uitwerking kry. Enérgeia is soos elektriese stroom: ons sien dit nie, maar ons ervaar die effek. Waar dýnamis die kapasiteit aandui, is enérgeia die vloei/werking daarvan; God is die Een wat “in ons werk.”

werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Filippense 2:13
en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het Efesiërs 1:19

(Sien ook Kolossense 1:29; Efesiërs 3:7; 4:16.)

Prakties: Heiligmaking is nie self-verbetering nie, maar God se energie wat deur jou lewe werk.

3) ἰσχύς (ischýs)

Betekenis: Sterkteuithouvermoëinnerlike reserwe; die spierkrag en volhoubaarheid om te dra, te volhard en te oorwin. Dikwels saam met dýnamis en krátos: God gee nie net krag nie, Hy versterk jou binne-in.

EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Efesiërs 6:10; 
sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig Kolossense 1:10-12
Prakties: Dit is die stamina om nie net te begin nie, maar om aan te hou wanneer jy moeg is.

4) κράτος (krátos)

Betekenis: Heersende magoorwinnende krag wat oor omstandighede en teenstand triomfeer; koninklike, oorheersende krag. Beklemtoon oorheersing/oorwinning (God se onbetwiste majesteit) meer as blote vermoë.

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. 1 Petrus 5:11.
Prakties: God se krag is nie maar net genoeg nie—dit is heersend; Hy het die laaste woord.

5) ἐξουσία (exousía)

Betekenis: Gesagreg/mandaat om te handel; wettige bevoegdheid waarvolgens krag uitgeoefen word. Dýnamis = die hoeveelheid krag; exousía = die reg om dit te gebruik. Jesus het al die gesag en deel dit met sy dissipels.

Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Lukas 10:19.
Prakties: In Christus leef jy nie as ’n indringer nie, maar as iemand met wettige  toegang.

6) πίστις (pístis)

Betekenis: Geloof/vertroue, getroue lojaliteit aan Christus wat lei tot handeling; “betroubare oorgee” eerder as blote verstandelike instemming. Pístis kom deur die woord/spraak van Christus en werk deur liefde. Dit is dinamies—’n relasionele vertroue wat gehoorsaam.

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. Romeine 10:17
DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. Hebrews 11:1-3
Prakties: Geloof is die skakelaar wat God se krag toelaat om deur jou te vloei.

7) ἐλπίς (elpís)

Betekenis: Hoop as seker verwagting (nie blote wensdink nie); toekomsgerigte sekerheid wat volharding voed en vreugde laat oorloop. Gewortel in God self; die Gees vul ons met hoop “in die geloof”.

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! Rom 15:13.
Prakties: Hoop is die brandstof vir volharding—dit hou die “batterye” gelaai in swaar seisoene.

8) θαρσέω / θάρσος (tharséō/thársos)

Betekenis: Wees vol moedinnerlike waagmoed; standvastige gemoedskrag in die aangesig van vrees. Gesetel in wie Christus is (“Dit is Ék”) eerder as in jou eie durf. Sy teenwoordigheid wek moed.

Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. Matteus 14:27
Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. Johannes 16:33
Prakties: Egte moed is nie bravade nie; dit is teenwoordigheidsmoed—Hy is hier.

9) θέλειν (thelèin)

Betekenis: Om te wil, begeer, voorneme hê; interne intensie. In Filippense 2:13 word God geteken as die Een wat die wil self in ons werk. Evangelie-genade skep nie net nuwe dade nie, maar ’n nuwe wil—die wens en drang om God se wil te doen.

werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Filippense 2:13
Prakties: Heiligmaking begin by ’n nuwe wil—God steel die vlam aan, en dan werk Hy dit uit in ons.

Hoe Kom Geloofs-energie? (Hoe “geloof kom”)

1.     Geloof kom deur GEHOOR:

“Die geloof is uit die hoor, en die hoor deur die woord (ῥῆμα, rhēma) van Christus” (Rom 10:17).

Jy hoor nie net oor Jesus nie; jy hoor Jesus. Sy teenwoordigheid weeg swaarder as die storm:

Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.” (Matt 14:27).
Toe sê Hy: “Kom!” (Matt 14:29).
Geloof kom wanneer Sy stem harder as die storm in jou weerklink.

Dit is die Behold-Become weg: “Terwyl ons die heerlikheid van die Here aanskou, word ons verander … deur die Gees” (2 Kor 3:18); aanskouing ontsteek energie. En onthou: “Geloof werk deur liefde” (Gal 5:6)—liefde mobiliseer jou wil, vrees paraliseer dit. Gemeenskap is ’n krag-substasie wat ons “aanvuur tot liefde en goeie werke” (Heb 10:24–25); geïsoleerde batterye dreineer vinniger.

2.     Rig jou Hart—OORGAWE: 

Kyk na Jesus se Geregtigheid. (Joh 1:12; Mat 6:33) Stel jou wil onder Christus. Bid Fil 2:13 daagliks: “Here, werk in my om te wil en te doen.” Gee jou liggaam as ’n lewende offer en laat jou denke vernuwe word (Rom 12:1–2). Oorgawe maak plek vir God se energie om te vloei—dit skuif jou van selfbeheer na Geesbeheer. “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” Jakobus 4:6 –

3.     LAAI jou siel—Woord en Teenwoordigheid: 

Neem daagliks in. Mediteer 10–15 minute stadig (hardop help): “Wat sê U? Here wat wil U hê moet ek doen?” Aanbidding skuif jou fokus van die storm na die Verlosser. Bid die gebed van afhanklikheid: “Vul my met U Gees” (Luk 11:13). Hierdie eenvoudige ritmes is soos ’n laaier in die muur—konsekwente inname bou volgehoue krag.

4.     BEWEEG in mikro-gehoorsaamheid—verander die atmosfeer: 

Petrus het een woord ontvang—“Kom”—en een voet geskuif. Identifiseer vandag jou mikro-gehoorsaamheid: die oproep, die verskoning, die klein “nee”, die kort stilword. Energie word meer met elke beweging. Verander terselfdertyd die atmosfeer deur belydenis en dank: spreek waarheid teenoor die leuen—“Ek is swak, maar sy krag word volbring in swakheid” (2 Kor 12:9)—en laat dankbaarheid jou krag vermenigvuldig (Ps 103): noem drie dinge waarvoor jy dankbaar is, hardop.

5.     BOU ondersteunings netwerk deur die Liggaam, roetine, hulp en fokus: 

Slaap genoeg, stap gereeld, skep ritme; ons is nie gnostici nie—jou liggaam beïnvloed jou siel. Soek hulp waar nodig—’n berader, dokter of pastoor; genade gebruik middele. En hou jou oë op Jesus: as jy begin sink, roep—“Here, help!”—en Jesus gryp hom en lig hom uit die water op (Matt 14:30–31).

Mislukking is nie die einde nie; dit is nog ’n leer-oomblik in genade wat jou terugdra na Sy krag. Baie keer wanneer ons faal, gooi ons totaal tou op. Dit is alles-of-niks-denke. Hierdie manier van dink is nie net beperkend nie, dit is ook self-saboterend. In sielkunde word dit as ’n kognitiewe vervorming beskryf: ’n manier van dink waar ’n mens die werklikheid in uiterstes sien, sonder grys areas of groeiruimte.

Hierdie denke is regressief omdat dit jou terugdruk na ou patrone van mislukking of vrees; dit is terughoudend omdat dit jou verhinder om klein stappe vorentoe te neem; en dit is fatalisties omdat dit jou laat glo dat as jy nie die hele berg in een dag kan klim nie, jy liewer glad nie moet begin nie.