Die Volkome Welheid van die Totale Mens
'n Christus-Gesentreerde Formasiereis
Jare gelede het ek die Here hoor vra: “Wat is die verskil tussen die Fariseërs en Jesus?” My antwoord was eerlik: “Here, ek weet nie.” Toe kom Sy stem sag maar skerp: “Jesus het die VOLHEID geleef; hulle het nog net daarna gesoek.”
Hier lê ’n sleutel tot geestelike volwassenheid. Wanneer ons by die kwessie van wette en reëls kom, moet ons besef:
Die Fariseërs het deur menslike prestasie probeer bereik wat net deur Goddelike lewe ervaar kan word. Hulle het die vorm gehad, maar nie die inhoud nie; die struktuur, maar nie die Gees nie.
Jesus het nie net die wet vervul nie—Hy beliggaam dit. Hy ís die volheid waarvan die wet getuig.
Daarom sê Hy:
“Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid” (Matt. 6:33).
Daardie geregtigheid is nie ’n loon vir werke nie, nie ’n medalje vir gehoorsaamheid nie, maar ’n geskenk—’n genadewerk wat God bonatuurlik in ons bewerk.
Die Inwoning van Die Heilige Gees
Ons word nie deur reëls verander nie; ons word deur die inwoning van die Heilige Gees gevorm.
“As ons deur die Gees gelei word, is ons kinders van God” (Rom. 8:14).
Hierdie geskenk van geregtigheid is nie net ’n status nie—dit is ’n goddelike genadevermoë om te kan:
- leef soos Jesus leef,
- wil wat God wil
- doen wat jy nooit uit eie krag kon doen nie.
Daarom kan ek met vrymoedigheid sê ek is:
“die geregtigheid van God in Christus”. (2 Kor. 5:21).
“tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”. (Fil. 4:13).
"'n erfgenaam van Sy oorvloedige genade". (Ef. 1:6–21).
"Hy wat in my werk om te wil en te doen volgens Sy welbehae”. (Fil. 2:13).
Ons groei dus nie deur die trapleer van reëls nie, maar deur die asem van die Gees. Nie deur selfverbetering nie, maar deur Christus-in-my—die Lewe self wat my vorm tot volheid.
“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” (Mat 11:28-30)
'n Lewende Werklikheid : Die Koninkryk se Verbond ("Ekosisteem")
Hierdie geskenk van geregtigheid kan ons sien as niks minder nie as die her-skepping van die Tuin van Eden—nie as ’n plek ver weg in die oertyd nie, maar as ’n lewende werklikheid binne-in ons. Wanneer ons Jesus eet en drink—die Brood van die Lewe, die Water wat nooit opdroog nie, die Wyn van ’n nuwe verbond, die Selfstandige Lewe van God—dan ontvang ons nie net simboliek nie; ons ontvang krag:
- Krag om te verander.
- Krag om te groei.
- Krag om weer die volheid te ervaar wat Adam en Eva in daardie eerste tuin beleef het: ongeskeide toegang tot God, emosionele veiligheid, innerlike helderheid, en geestelike oorvloed.
Die Tuin van Eden—die tempel, die hemel, die koninkryk—woon nou binne-in my. Nie ’n struikgewas of ’n geografiese koördinaat nie—maar ’n hartshabitat waar God se teenwoordigheid die klimaat bepaal.
Soos die Here my hart verander deur die Gees werk in en deur my, word ek self 'n Tuin van Eden en ek word:
- ’n Veilige atmosfeer van beskerming, sagtheid, versorging.
- ’n Ruimte waar my lewensmaat en verhoudinge geborge kan asemhaal en floreer.
- 'n Vorm aanneem van vrede en wysheid.
- Natuurlik, en ongehibeerd soos ’n wingerd in sonskyn.
As ouers word ons dan ’n habitat van groei vir ons kinders—’n lewende ekosisteem waar hulle leer om verstandig te kies wys te onderskei, en hul eie roeping met moed na te jaag.
En hierdie tuin eindig nie by die voordeur nie:
- Ons beroep word ’n tuin.
- Ons sake onderneming word ’n tuin.
- Ons hele lewe word ’n tuin.
Elke plek waar ons ons voete neersit, versprei die heerlikheid van die Koninkryk van God.
Uiteindelik word ons saam ’n versameling van Goddelike tuine—’n netwerk van Eden-ruimtes, ’n landskap van vernuwing, ’n gemeenskap waar hemel en aarde mekaar weer vind.
Só laat die Koninkryk kom,
hier, in my,
in ons,
en op die aarde
soos dit in die hemel is.
Wanneer ons dus na die volgende Jaar van Shalom Lewensplan Kyk, is dit nie om daardeur iets persoonlik te bereik nie, ons het in Christus alreeds alles ontvang wat ons nodig het vir Godvrug.
Die plan is bloot 'n verstandige manier om goeie rentmeesters te wees van dit wat ons ontvang het.





Soos ek my verlustig in U, mag my hele lewe 'n EDEN wees vir elkeen wat in my teenwoordigheid kom.
’n Christologies–Torah Grondslag vir Menslike Groei en Voorspoed
Die Torah—God se grondliggende openbaring in die Pentateug—is veel meer as ’n versameling antieke godsdienstige reëls. Dit is deur God ontwerp, 'n lewensekosisteem, ’n ritme van bestaan wat shalom vorm: nie bloot vrede nie, maar volheid, harmonie, krag, geregtigheid, vreugde, en geïntegreerde welsyn in elke dimensie van die lewe. Die Torah is nie gefragmenteerde spiritualiteit nie; dit is ’n volledige lewenspatroon vir hoe ’n mens goed leef voor God, met die naaste, met jouself, met die land, en die skepping.
Hierdie holistiese ontwerp word ingeweef in gebooie oor rus, verhoudings, werk, ekonomie, tyd, voedsel, feesviering, studie, geregtigheid, en aanbidding (bv. Deut. 6–11; Lev. 18–26).
Die holistiese ontwerp van die Bybel het een doel: vorming—om mense te skep wie se lewens die karakter van hul Verbondsgod weerspieël.
Mense floreer wanneer hulle leef volgens ritmes wat merkwaardig ooreenstem met dié van die Torah. Dit word bewys deur moderne interdissiplinêre navorsing—psigologie (Siegel 2012), neurowetenskap (Doidge 2007), medisyne (Koenig, King & Carson 2012), sosiale wetenskappe, ekonomie en ekologie.
Die antieke patroon van die Bybel bevestig hedendaagse gesondheidsdata: verstandige duidelikheid; emosionele stabiliteit; sosiale samehorigheid; fisiese vitaliteit; gedissiplineerde gewoontes; ekologiese versorging; en betekenisvolle werk.
Die Ou en die Nuwe Verenig
In Christus vind hierdie Torah-ritme sy vervulling (Matt. 5:17): nie afgeskaf nie, maar beliggaam; nie legalisties nie, maar deur die Gees bemagtig. Jesus was die lewende plan—die Woord wat vlees geword het, "Shalom" is dus sigbaar op aarde.
Die volgende Holistiese Welstandsplan (Die Jaar van Shalom) verwerk die geïntegreerde wysheid van die Torah in ’n Christus-gevormde dissipelskapspatroon:
- Elke vorming sluit aan by Bybelse ritmes, moderne wetenskaplike insigte, en die lewenspraktyke van Jesus self.
- Die doel is nie moralisme nie, maar transformasie—om mense te vorm tot heel, geïntegreerd, Geesgevorm, en draers van God se vrede in ’n gebroke wêreld.
Holistiese Welstandsplan (Die Jaar van Shalom)
’n Christologies–Torah Patroon vir Geïntegreerde Menslike ontwikkeling en groei.
1. Verhoudingsvorming: Verhouding met God en Mens
Bybelse Grondslag: Deut. 6:5; Lev. 19:18; Matt. 22:37–39.
Die Torah raam menslike bestaan as fundamenteel relationeel: ’n verbondsband met God (Eks. 19:5–6) wat uitdrukking vind in geregtigheid, sagtheid, en barmhartigheid teenoor ander (Deut. 15:7–11). Die etiese opdragte van Eksodus 20–23 bou ’n kultuur van vertroue, trou, en gemeenskapsstabiliteit. Hierdie verbond is soos ’n huwelik (Hos. 2:19–20)—’n lewe van teenwoordigheid, lojaliteit, en selfopofferende liefde.
Jaarlikse Ritme
- Onderskei God se Stem.
- Hou 'n Joernaal.
- Daaglikse oggendgebed en meditasie
- Weeklikse "Sabbat"
- Weeklikse gebedsgroepe
- Weeklikse Bybelskool
- Gereelde een-tot-een-dissipelskap.
- Gereelde Nagmaal—“korporatiewe reiniging” “As ons in die lig wandel… reinig die bloed van Jesus ons van alle sonde.” – 1 Joh. 1:7–9
- Twee-weeklikse Huiskerke
- Maandelikse Laat aand Gebed
- Jaarlikse "pelgrimsfeeste"
Neurobiologiese Effek
Gemeenskaplike spiritualiteit verhoog oksitosien en serotonien, verlaag stres, en kweek empatie. Vergifnis aktiveer die prefrontale korteks en kalmeer die amigdala (verwerk emosies, geheue en emosionele volwassenheid).
Jesus se Ritme
Jesus se lewe was ’n veelvlak-liturgie. Hy het:
- getrou sinagoge toe gegaan (Luk. 4:16)
- jaarliks die feeste gevier (Joh. 2:13; 5:1; 7:10)
- die Tempel as Sy Vader se huis onderrig (Matt. 21:12–14)
- in huise "brood gebreek" waar harte oopgegaan (Luk. 5:29; 19:5–10)
- in strate, markte en dorpe gepreek (Matt. 9:35)
- gereeld in berge gebid en dissipels gevorm (Mark. 3:13; Matt. 5:1).
"Worship" was nooit vir Jesus ’n uurprogram nie—dit was ’n landskap, ’n leefritme.
2. Fisiese Vorming: Oefening en Beweging
Bybelse Grondslag: 1 Kor. 9:27; Spr. 23:20–21; Lev. 11; Deut. 14.
Die Torah vorm dissipline, matigheid, en liggaamlike versorging. Joodse tradisie (Mishneh Torah, De’ot 4:14–15) beklemtoon oefening, dieet, en voorkomingsgesondheid.
Jaarlikse Ritme
- Daaglikse 30-minute beweging
- Gereelde oefening, stap, fietsry, swem, gim
- Strekwerk, Pilates
- Weeklikse gemeente-fees, dans, aanbidding
- Seisoenale uithouvermoë-uitdaging
- Wandelgroepe, geloofswandelings
Neurobiologiese Effek
Oefening verhoog endorfiene en BDNF—verbeter gemoed, fokus, en neuroplastisiteit.
Jesus se Ritme
Jesus het sowat 3 000–5 000 km in Sy bediening gestap—’n koninkryk wat te voet versprei is. Sy tempo van 20–30 km per dag was sy dissipelskapklaskamer.
Dissipelskap is getroue stappe in dieselfde rigting.
3. Voedingsvorming: Dieët en Matigheid
Bybelse Grondslag: Lev. 11; Deut. 14; Spr. 23:20–21; Luk. 24:30; Joh. 21:9–13.
Jaarlikse Ritme
- Daaglikse gebalanseerde maaltye
- Hidrasie (30–35 ml per kg liggaamsgewig, hoofsaaklik oggend tot middag)
- Probiotika vir dermgesondheid
- Proteïenontbyt
- Intermitterende vas
- Weeklikse plant-gebaseerde dag
- Seisoenale vas (3-dae of langer)
- Gemeentelike “koinonia”-etes
Neurobiologiese Effek
- Gebalanseerde dieët verhoog serotonien
- Vas verhoog dopamien-sensitiwiteit en stimuleer sellulêre herstel.
Jesus se Ritme
Jesus het:
- geëet met dissipels, Fariseërs, tollenaars, sondaars
- bruilofsfeeste bygewoon
- eenvoudige Mediterreense kos geniet
- en tog veertig dae gevas
By Hom is vas karaktervorming; eet is gemeenskapsherstel.
4. Rusvorming: Slaap, Sabbat en Herstel
Bybelse Grondslag: Ps. 127:2; Eks. 20:8–11; Lev. 23:3; Luk. 5:16.
Jaarlikse Ritme
- Daagliks 7–8 uur slaap
- Kragdutjies
- Weeklikse Sabbat
- Kwartaal-"retreats"
Neurobiologiese Effek
Slaap herstel geheue, immuunfunksie, en hormone; Sabbat verlaag inflammasie.
Jesus se Ritme
- Slaap in storms (Mark. 4:38),
- Afsonder - gereeld (Luk. 5:16),
- Bergtoppe as heiligdomme gebruik.
Rus was nie ’n luuksheid nie—dit was die bron van Sy krag.
5. Vrygewigheidsvorming: Gee
Bybelse Grondslag: Hand. 20:35; Deut. 15:10; Lev. 19:9–10.
Jaarlikse Ritme
- Maandelikse tiendes en offergawes
- Spontane goedhartigheid
- Weeklikse seisoenale offer
- Deel jou gawes met NGO’s, mentorskap
Neurobiologiese Effek
Gee aktiveer dopamien en oksitosien—“helper’s high”.
Jesus se Ritme
- het tithing as gewigtig bevestig (Matt. 23:23),
- die tempelbelasting betaal (Matt. 17:24–27),
- sonder voorbehoud genees, voed, vergewe, herstel.
Sy grootste geskenk was Sy lewe vir vriend én vyand.
6. Kognitiewe Vorming: Leer Iets Nuut
Bybelse Grondslag: Deut. 6:6–9; Spr. 1:5; Ps. 119; Luk. 2:52; Rom. 12:2.
Jaarlikse Ritme
- Lees deur die Bybel
- Lees Dit Deur, Skryf dit neer, Bid dit in, Werk dit Uit
- Daaglikse Bybellees
- Kwartaallikse Bybel kursusse (Tematies & Bybelboeke)
- Nuwe vaardighede: werkswinkels, kortkursusse
- Akademiese studie en kwalifikasies.
- Skrifmemorisering.
- Leer ander wat jy geleer het is die maklikste manier om te onthou wat jy geleer het.
Neurobiologiese Effek
Nuwe kennis stimuleer dopamien, asetielcholien en breinplastisiteit.
Jesus se Ritme
- het in wysheid gegroei (Luk. 2:52),
- teenstanders logies en verstandig geantwoord,
- Skrif met presisie aangehaal,
- sy onderrig aanpas by sy gehoor.
Sy denke was helder, verstandig, wys en ferm.
7. Roepingsvorming: Betekenisvolle Werk en Beroeping
Bybelse Grondslag: Gen. 1:26–28; 2:15; Kol. 3:23; Spr. 12:24.
Jaarlikse Ritme
- Daaglikse betekenisvolle kreatiewe werk
- Werksmanskap: handwerk, kuns, musiek
- Roeping uitleef
- Werk om te kan gee (Ef. 4:28)
Neurobiologiese Effek
Betekenisvolle werk stabiliseer dopamien en versterk uitvoerende funksies.
Jesus se Ritme
- as ’n timmerman begin—werk as aanbidding,
- later mense gebou as lewende stene in Sy nuwe Tempel.
- sy werk gesien as geestelike voedsel (Joh. 4:34).
By Hom word arbeid aanbidding.
8. Vreugdevorming: Speel, Pret en Feesviering
Bybelse Grondslag: Deut. 16:14; 2 Sam. 6:14; Joh. 2:1–10.
Jaarlikse Ritme
- Daaglikse dankbaarheid
- Speelsheid, vreugde, lighartigheid
- Weeklikse gemeente-etes
- Jaarlikse feeste, konferensies, kampe
Neurobiologiese Effek
Laggery verhoog endorfiene, verbeter immuunfunksie en verlig spanning.
Jesus se Ritme
- Mens-mens, toeganklik en vol vreugde
- ’n Feesvierder by bruilofte (Joh. 2),
- ’n Meester van humor (Matt. 7:3–5; Matt. 23:24),
- vrolik in die Gees (Luk. 10:21),
- singend saam met sy dissipels (Matt. 26:30).
Heiligheid was by Hom nooit swaarmoedig nie—maar lewendig, warm, en uitnodigend.