Immigreer of Nie?

As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie.  Ons Burgerskap is in die HEMELE! Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!!

Immigreer of Nie?

Immigreer of nie? Dit is 'n kwessie v.d. HART. 

KYK OP YOUTUBE

LUISTER POTGOOI OP SPOTIFY

ONLANGS, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen ’n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie. Maar die groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het! Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier!  

As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie.  Ons Burgerskap is in die HEMEL!

Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!! Ons is aangewese AMBASSADEURS om waar God ons ookal plaas SY KONINKRYK en EDEN-wêreld te leef en te demonstreer!  

Ons weet dat wanneer ons aardse verblyf, wat net ’n tentwoning is, afgebreek word, ons ’n permanente blyplek by God het, ’n huis wat nie met hande gebou is nie, maar wat vir altyd in die hemel bestaan. 
2In hierdie tentwoning swoeg en kreun ons, want ons verlang daarna om ons hemelse woning te betrek. 3As ons tog maar net met klere aan, en nie kaal nie, voor God sal mag staan! 
4Terwyl ons nog in die aardse tentwoning bly, kry ons swaar en kreun ons omdat ons nie gestroop wil word van ons aardse woning nie, maar met die hemelse woning beklee wil word. So sal wat sterflik is, verteer word deur die eintlike lewe. 
5Hy wat ons hiervoor gereedgemaak het, is God. Hy het aan ons die deposito van die Gees* gegee. 6Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in hierdie liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is7want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie
8Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon. 9Ons streef in elk geval daarna, of ons nou ook al hier tuis is of nie, om Hom tevrede te stel10Ons almal moet voor die regbank van Christus verskyn sodat elkeen van ons kan ontvang volgens wat ons in ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed en of dit waardeloos was.  (2 Corintians 5:1-9) 


Immigrasie is inderdaad ’n diepgaande en dikwels traumatiese ervaring. Om familie, vriende, kontakte, die bekende, geskiedenis en herinneringe agter te laat vir die onbekende, alles in die hoop om finansieel ’n beter toekoms te bou, is ’n enorme prys om te betaal. Die besluit om te emigreer is nie 'n ligtelike of maklike besluit nie en word dikwels gedryf deur ’n kombinasie van persoonlike, ekonomiese en sosiale faktore.

SA Emigrasiepatrone Oor 30 Jaar 

Totale emigrasie: Sedert 1994 het tussen 1 miljoen en 1.6 miljoen Suid-Afrikaners, hoofsaaklik in gespesialiseerde beroepe, die land verlaat. Hierdie uitvloei het ’n beduidende impak op die land se vaardigheidsbasis gehad.  

Onlangse tendense: Tussen 2015 en 2020 het meer as 128,000 mense geëmigreer, meer as drie keer soveel as die 43,000 tussen 2010 en 2015. Die Verenigde Koninkryk, Australië, die Verenigde State, Kanada en Nieu-Seeland bly gewilde bestemmings.  

Demografiese verskuiwings: Aanvanklik het die meeste emigrante uit die wit bevolking gekom, maar sedert 2019 het die aantal gespesialiseerde swart Suid-Afrikaners wat emigreer, dié van wit emigrante oortref.  

Terugkerende emigrante: Tussen 2008 en 2013 het ongeveer 359,000 hoogs gespesialiseerde Suid-Afrikaners teruggekeer na die land, as gevolg van die 2008 finansiële krisis en die persepsie van ’n hoër lewensgehalte in Suid-Afrika in vergelyking met die lande waarheen hulle oorspronklik geëmigreer het. Ongeveer 37% van hierdie terugkerendes was professionele persone soos prokureurs, dokters, ingenieurs en rekenmeesters.

Huidige neigings: Alhoewel daar ’n toename in terugkerendes was, bly die algehele netto migrasie negatief, met meer mense wat die land verlaat as wat terugkeer.

Die Opwegings

Hoe Sleg is Jou burgerland wat mense dryf tot hierdie moeilike besluit?

Beïnvloedende faktore soos:

  • Hoë misdaadsyfers
  • Ekonomiese onsekerheid
  • Werkloosheid
  • Politieke onstabiliteit
  • Gebrek aan toekomsvooruitsigte
  • ’n Veiliger en meer stabiele omgewing vir hul gesinne

Tog is dit belangrik om te erken dat:

  • Emigrasie nie altyd die oplossing is nie.
  • Sommige emigrante ervaar 'n dramatiese kultuurskok, heimwee en uitdagings om aan te pas in hul nuwe lande.
  • Daar ook is diegene wat, na jare in die buiteland, besluit om terug te keer na Suid-Afrika, aangesien hulle besef dat hul hart steeds hier is.

Mense Van Die Weg 

Die vroeë Christene is nie oorspronklik “Christene” genoem nie — hulle is bekendgestaan as “mense van die Weg” (Handelinge 9:2).

Die vroeë kerk se identiteit was nie in ‘n vaste plek of aan 'n volk gebind nie, maar aan ‘n beweging — ‘n lewenspad van dissipelskap agter Jesus aan.

Hulle het dikwels nie huise besit nie, maar tentwonings. Nie status titels gehad nie, maar getuienis gelewer van Jesus aan elkeen wat hulle ontmoet. Nie monumente gebou nie, maar mense verander. 

Die Weg van die Gelowige is nie geografies nie, maar geestelik.  Die eerste gelowiges was dikwels ontwortel — soos die Franse Hugenote wat vir oorlewing moes vlug. So ook die vroeë dissipels: wat uit hul families, sinagoges en gemeenskappe verban is, het die krisis as 'n STUUR-MISSIE gesien en sodoende die Evangelie versprei oor Judea, Samaria, en die uithoeke van die wêreld.

Hulle het nie ’n tempel nodig gehad om God te aanbid nie, want die teenwoordigheid van Christus was by hulle — in die pad en in die reis.

 “GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys. Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God. Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.” 1 Petrus 2:11-17
👉 Hierdie "vreemdeling-bywoner" identiteit is nie ‘n straf nie, maar ‘n sending.

Die vroeë kerk was nie gesetel in die politieke sentrums van die stad nie. Die tempels van die keiser en afgode was in die kern — dit is hier waar rykdom, gesag en status geseëvier het.

Nee, die gelowiges het aan die buitewyke gewoon. Hulle was handelaars, ambagsmanne, tentmakers, vissermanne. Hulle moes reis met hul produkte, karwy tot op die markplein, dit verhandel en goeie verhoudinge en vertroue opbou deur transaksies en goeie produkte.

Die kerk se krag was juis dat hulle nie gesoek het om te regeer nie, maar te dien. Hulle is uitgestuur, en wêreldwyd verstrooi, maar dit was deel van God se plan.

Oral waar die vroeë kerk se mense gegaan het, het hulle nie strukture gebou nie — hulle het mense IN CHRISTUS gevorm. Elke markplein het ‘n sendingveld geword. Elke huis ’n gemeente. Elke reis ’n kans vir getuienis.

Ons Burgerskap is in die HEMEL

In die lig van hierdie realiteite is dit belangrik om te onthou dat ons uiteindelike burgerskap nie van hierdie wêreld is nie. Of ons kies om te bly of te gaan, ons identiteit en hoop behoort geanker te wees in Christus en Sy ewige koninkryk. 

“Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook die Saligmaker verwag, naamlik die Here Jesus Christus.” Filippense 3:20 

Mag ons, in die oorweging van sulke belangrike lewensbesluite, wysheid en leiding soek van die Here, en onthou dat waar ons ook al is, ons geroep is om Sy lig en liefde te weerspieël.

Ek Woon in Plek met die Naam: GEHOORSAAMHEID.  

“Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam gegaan na die plek wat hy as erfenis sou ontvang; en hy het weggegaan sonder om te weet waar hy kom. Deur die geloof het hy as vreemdeling gewoon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land, en in tente gewoon…” Hebreërs 11:8–10; 13–16  

Ons is Burgers van die Hemel, gestuur as AMBASSADEURS om God se Koninkryk te laat kom daar waar ons is soos wat die in die hemel is.  

”…hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.”  Johannes 17:14–16

“Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. As hulle deur die dal van geween trek, maak hulle dit ‘n fonteinplek…”  Psalm 84:5–7 
“Ons tree dan op as ambassadeurs vir Christus, asof God deur ons vermaan; ons bid julle namens Christus: Laat julle met God versoen.” 2 Korintiërs 5:20
Jy mag fisies in Suid-Afrika of Kanada woon, maar geestelik is jy ’n ambassadeur van die hemelse koninkryk. Dit beteken dat jou lewensdoel meer is as net oorlewing of finansiële vooruitgang — jy het ‘n mandaat van die Koning.

As jy jou hart laat oorreed deur vrees, geldgierigheid of kultuurskok, vergeet jy wie jy verteenwoordig. Die grootste emigrasie-fout is nie geografies nie… maar identiteitsverlies: as jy vergeet jy is ‘n gesant van Christus, en begin praat, optree, leef asof jy van hierdie wêreld is. 

'n Kwessie Van Die Hart

“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Matteus 6:19–21 

Kry jou ingesteldheid reg:
Jy is Waar God jou Geroep het om te Wees!

  • Jy is nie soos 'n blaar wat deur die wind rondgewaai word nie!  Jy kan in Suid-Afrika bly, maar in jou hart het jy reeds “geëmigreer” as gevolg van bitterheid, vrees, en gevolglike onbetrokkenheid.
  • Jy kan in Londen sit, maar jou hart lê steeds in Suid Afrika tussen jou mense.
  • Jy het 'n roeping om God se genesing te wees vir die mense met wie jy in aanraking kom.
❓ Maar die groter vraag is NIE “waar woon jy?” nie — maar VIR WIE LEEF JY?

Is jy op die Weg? Is jy nog aan’t beweeg met Jesus? Of sit jy vas, agter slot en grendel van vrees, gemaksug, kultuurskok, of teleurstelling?

As jy wel iewers in die vreemde werk om te oorleef, onthou jy is daar as 'n gestuurde!!