Sien REG Met 'n Hart Vol Van Sy LIG

Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef. In Mat 6:22-23 leer Jesus ons om reg te sien, met die oë van die hart wat skoon gewas is in Sy heerlike LIG!!

Sien REG Met 'n Hart Vol Van Sy LIG
Sien REG met 'n hart vol van Sy LIG
22“Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig na binne stroom sodat jy daarbinne geheel en al lig word. 23Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie! (NLV) (Matteus 6:22–23)
22  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! (OV) 
22“’n Mens se oë is soos ’n lig wat oor jou hele lewe skyn. As jy op die regte manier na dinge kyk, sal jou lewe helder verlig wees. 23Maar as jy op ’n verkeerde manier na dinge kyk, sal jou hele lewe donker wees. As die lig wat in jou lewe moes wees, donker geword het, in watter verskriklike donkerheid leef jy dan nie! (Lewende Bybel) 
34  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. 35  Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie. 36  As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig. (Luk 11:34-36)

HOE MENSE SIEN:

VERSKILLENDE “LENSE”, VERSKILLENDE LEWENS

Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—veral as jy hulle ’n paar spesifieke vrae vra.

Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik?

Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterdog—soos ’n privaat speurder wat altyd ’n “bedekte agenda” soek. In hulle wêreld het almal ’n motief om jou skade te doen; elkeen soek glo sy eie gewin.

Daardie siniese uitkyk maak iets in ’n mens toe. Jy onttrek. Jy raak minder jouself. Jy begin jou gedagtes wegsteek, jou hart toesluit, jou woorde meet—nie uit wysheid nie, maar uit wantroue.

En dan is daar ander wat in elke krisis ’n geleentheid raaksien—of wat eenvoudig sê: Dis die lewe. Ons hanteer dit. Nie naïef nie; net nie gevange in vrees nie.

Die punt is eenvoudig:  

Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef.

Moderne Voorbeelde van Ongesonde Sienswyses:

  • Cynicism as “intelligence”
  • Numbness as “peace”
  • Hookups as “freedom”
  • Self-centeredness as “self-love”
  • Greed as “hustle culture”
  • Is this faith, or is it control?
  • Is this discernment, or is it fear?
  • Is this self-care, or is this self-worship?

JESUS AS GEESTELIKE OOGARTS:

JOU BINNEWÊRELD BEPAAL JOU KYK

Jesus praat in Lukas 11:34-36 soos ’n geestelike oogarts.

Hy wys:

  • jou oog is nie net ’n orgaan nie—dit is ’n lamp.
  • die toestand van daardie lamp lê dieper as die oogbal: dit lê in jou hart.
As die oë van jou hart gesond is, sien jy reg. Jy sien die werklikheid meer akkuraat—dinge soos dit is.

Maar as die oë van jou hart boos en donker is, sien jy dubbel. Jy sien skeef. Jy oorskat en onderskat jouself en ander. Jy lees motiewe in waar daar nie is nie. Jy reageer op illusies.

Ons sien mekaar dikwels nie met die oë in ons kop nie, maar met die oë van ons hart.

HART-DISTORSIE:

WANNEER JOU INNERLIKE LENS VERWRONGE IS.

Die Bybel is eerlik oor hoe verdraai ’n mens se "innerlike kyk" kan raak. Hart-distorsie neem baie vorme aan:

  • ’n Volwassene wat ’n kind as ’n seksobjek sien.
  • ’n Werkgewer wat ’n werknemer net as ’n gebruiksartikel sien.
  • ’n Mens wat iemand van ’n ander groep onmiddellik as “verdrukker” of “vyand” etiketteer—sonder om die individu te ken.

Dit is nie net “menings” nie—dit is verwronge visie. Dit is duisternis wat die plek van lig ingeneem het.

Jesaja praat van ongeregtighede wat skeiding bring, wat die mens se binneste verdonker. En hier is die evangelie: "HE was Bruised for our Uniquities" Isa. 53:5. Die woord "iniquity" (ongeregtigheid) is "Heart Distortion" - blindheid van die hart. 

2Die goddelose se opstand
kom uit sy hart. Hy het nie ontsag vir God nie.
3In sy blinde verwaandheid
sien hy nie sy sonde
om dit te haat nie. Ps 36:1-2 
Jesus is deurboor vir ons hart-distorsie. Hy kom nie net om ons gedrag te poets nie—Hy kom om ons lens te genees.

SKRIFVOORBEELDE VAN “VERKEERD SIEN”

Die Jaloerse Oog:

Jesus se gelykenis tref die senuwee:

“Is jou oog verkeerd omdat ek goed is?”  Matt 20:15

Hier is die “slegte oog” nie blindheid nie—dis jaloesie. Dis wanneer iemand anders se seën soos ’n bedreiging voel, en jy begin dink jy “verdien” meer as hulle.  As jy altyd kyk na ander se lig, verloor jy jou eie. Die “slegte oog” is wanneer jou blik so vergiftig is deur vergelyking dat jy nie meer kan vier, dankbaar wees, of vrygewig wees nie.

Dis dieselfde patroon wat mense in die eerste familie sien: ’n broer wat sy broer haat—nie omdat die ander hom skade doen nie, maar omdat die ander God se guns kry. ’n Slegte oog kan groei tot geweld.

Die Hardhandige Oog (teenoor die arm broer):

“Pas op… dat jou oog jou arm broer nie skeef aankyk nie… en jy hom niks gee nie…” Deut 15:8–9

Hier word die “slegte oog” verbind aan gierigheid en ’n gebrek aan barmhartigheid—’n hart wat bereken, terughou, en koud raak.

Die “evil eye” kom van binne af:

Jesus sê die vuilheid kom nie eers van buite af nie—dit borrel op van binne:

slegte gedagtes, hebsug, bedrog, trots… en dan noem Hy dit eksplisiet: ’n bose oog.

Dus: die oog is ’n simptoom—die hart is die bron.

20 And then he added, “It is what comes from inside that defiles you. 21 For from within, out of a person’s heart, come evil thoughts, sexual immorality, theft, murder, 22 adultery, greed, wickedness, deceit, lustful desires, envy, slander, pride, and foolishness. 23 All these vile things come from within; they are what defile you.” Mark 7:20-23 (NLT).

DIE OPLOSSING:

REINIG JOU HART VOOR DIE HERE

Ons kan nie maak asof daar nie donkerte in ons harte wil inkom nie. Ons moet dit hanteer. Ons moet werk maak daarvan om ons harte rein te hou.

“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt 5:8)
Reinheid van hart is nie net morele netheid nie—dit is helderheid van visie.

As ons harte skoon is van bitter oordele, vooroordele en verborgte agendas, begin ons weer God sien—en ons begin mense reg sien.

Kyk na Jesus: Hy het geweet wat in mense se harte aangaan. Hy het geweet van Judas en Petrus. Tog het Hy nie Homself gepanser met sinisme nie. Hy het liefgehad, gedien, genees. Hy was nie naïef nie—Hy was net lig.

DIE “SINGLE EYE”:

AKKURAATHEID EN FOKUS ’N LEWENSGEHEIM

Vir my is die “enkel oog” (ἁπλοῦς) een van die belangrikste lewenslesse.

Reg sien = nugterheid en eerlikheid

Dis om ’n ding te sien soos dit is, sonder ’n dramatiese negatiewe lens, en ook sonder ’n kunsmatige positiewe lens. Eerstens: sien die werklikheid.

  • Sien die realiteit van ’n ongesonde leefstyl.
  • Sien die toestand van my bankbalans en inkomste verkryging.
  • Sien my verhoudingspatrone.
  • Sien my roeping en my verskonings.

God vra dikwels vir profete: “Wat sien jy?”

En dan: “Jy sien reg?”

Voor God jou stuur, wil Hy jou lens reg kry.
Nugterheid bring akkuraatheid. Akkuraatheid is nie ’n klein detail nie—dit is wat lewe red.

In sport wen nie altyd die hou wat die hardste slaan nie, maar die een wat die akkuraatste tref: die tydsberekening, die houding, die mikpunt.

Akkuraatheid vra oefening—jy bring jou hele liggaam in lyn met jou fokus. Jou spiere, ligmente, onderbewussyn moet in lyn kom met jou fokus.

So werk geloof ook. Geloof is nie net ’n gevoel nie; geloof is aksie.

Wanneer God jou oog suiwer, begin jou hele lewe in lyn kom met jou roeping: jou gewoontes, jou keuses, jou ritme, jou geld, jou energie—alles word gefokus.

En dis die geheim:

Wanneer jou oog enkel raak, raak jou lewe helder.

Wanneer jou fokus reg is, word jou pad reg.

Indien jy 'n bydrae wil maak tot hierdie bediening:

https://pay.yoco.com/harvesterchurch

https://www.harvestercederberg.co.za/donasies/